Ons vier nog al die pad fees ...
Alfred Schaffer was 'n belangrike rolspeler by vanjaar se US Woordfees, waar hy tydens die Neerlandistiekdag-geleentheid skrywers uit die Lae Lande aan die plaaslike gehoor bekendgestel het. (Die Burger)
Willem de Vries van Die Burger het tydens die US Woordfees met Myra Scheepers, die ma van Riana Scheepers, gesels. Sy het op 80 gedebuteer met 'n boek oor Zoeloe-volksverhale.
As jy in KwaZulu-Natal woon of daarheen wil reis, kan jy die 16de Time of Writer-skrywersfees van 18 tot 23 Maart bywoon. (Beeld)
Die 2013 Franschhoek Literêre Feesprogram is reeds ook bekendgestel. Die fees vind van 17 tot 19 Mei plaas. (BooksLIVE)
Ons eie joernalis, en skrywer van die boek Endings and Beginnings, Redi Tlhabi, bied 'n internasionale geselsprogram op AlJazeera aan. In hierdie week se South2North-program kyk Redi na verkragting en seksuele geweld in Suid-Afrika.
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

