LitNet-leeskeuses: Vrydag 1 Februarie 2013

  • 0

Jaco Jacobs deel tien skreeusnaakse en onkonvensionele kinderboeke waarop hy al afgekom het. (jacojacobs.blogspot.com)

Die New York Review of Books vier vanjaar sy 50ste bestaansjaar. Die Financial Times gesels met Bob Silvers oor boeke en hoekom hy hom nie 'n wêreld sonder lang, ernstige boekresensies kan indink nie.

James Joyce se Finnegans Wake het uitverkoop nadat 8 000 eksemplare in Desember op Chinese rakke geplaas is.

Is jy 'n F Scott Fitzgerald-aanhanger? Jy kan 'n stukkie Fitzgerald besit, want die Amerikaanse skrywer se Baltimore-huis is op die mark.

The Guardian gesels met Hilary Mantel oor haar Costa-boekprys en hoekom sy nie sleg voel oor al die pryse wat sy met Bring up the bodies opraap nie.

 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top