Riaan Grobler skryf vir Boeke24 oor Kleinboer se jongste roman, Werfsonde. “Werfsonde is ’n besonderse leeservaring en ’n waardige opvolger van Kontrei, wat in 2004 met die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende Afrikaanse prosa bekroon is,” skryf hy. (Boeke24)
Hierdie week in Boeke en Skrywers gesels Corina van der Spoel met die woordeboekmaker Anton Prinsloo oor sy jongste woordeboek, Die aap in jou koffie. Terrence April en Joan Hambidge gesels onderskeidelik oor Helen Ojejeui en Carel van der Merwe. (RSG Potgooi)
Hilary Mantel stap toe Dinsdagaand weg met die Costa Book Award vir haar jongste roman, Bring up the bodies. (Huffpost Books)
Pride and Prejudice 200 jaar: In 'n reeks oor Jane Austen skryf Rebecca Mead oor die Pride and Prejudice-skrywer se invloed op George Elliot (Maria Evans). (The New Yorker)
Lees 'n uittreksel uit Edward-John Bottomley se Armblankes. (Boeke24)
Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

