LitNet-leeskeuses: Woensdag 30 Januarie 2013

  • 0

Die bekende fotograaf en boek-entoesias Phyllis Green gesels met Mariska le Grange oor haar boek Prinses Pippie Verjaar. Die boek is geïnspireer deur die brandslagoffer Pippie Kruger. (SARIE.com)

Storiewerf kuier by die skrywer Nanette van Rooyen. Sy gesels oor die karakters in haar roman Ek was hier (wenner van die ATKV-Jeugromankompetisie 2011). (storiewerf.co.za)

Dit is presies 200 jaar sedert Jane Austen een van die gewildste en belangrikste boeke in die geskiedenis van Engelse literatuur geskryf het. Om die herdenking van haar immer gewilde Pride and Prejudice te vier het Scottish Widows 'n meningspeiling saamgestel. Hulle wou vasstel hoe 1 000 ouers twee dekades later oor hulle kinders se finansiële lot voel. (The Telegraph)

Soek jy 'n manier om tyd oor naweke te verdryf?  In New York kan jy 'n 50 uur lange marathon-leessessie bywoon. Die Wallstreet Journal het berig dat bekende skrywers en literati bymekaargekom het om so die vyfde herdenking van die literêre tydskrif Triple Canopy te vier.

Virginia Woolf was skaamteloos oor die feit dat sy ‘n meester-broodbakker was. Paper and Salt deel 'n tradisionele “cottage loaf”-resep soos sy dit gebak het. (paperandsalt.org)
 

Gister se Boekenuus gemis? Klik hier.

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top