Lapa Uitgewers het op Dinsdag 18 Maart ’n glansgeleentheid vir die media in Pretoria gehou. Gedurende hierdie geleentheid is die 2012-Lekkerlit-prys aan Chanette Paul oorhandig.

Chanette Paul
Tydens ’n kort toespraak het Chanette spesifiek haar lesers bedank, want, anders as met ander pryse, is dit die lesers wat vir die Lekkerlit-boek van die jaar kon stem, nie akademici nie. Die Lekkerlit-boek van 2012 is Maanschijnbaai: Jo & Sue. Dit is een van ’n tweeluik. Die opvolg is Maanschijnbaai: Nan & Jeannie.
|
Titel: Maanschijnbaai: Nan & Jeannie |
Titel: Maanschijnbaai: Nan & Jeannie |
Chanette het ook verwys na die baie goeie terugvoer wat sy kry van lesers via haar blog en op Facebook. Sy kry boodskappe van mense regoor die wêreld wat haar boeke lees en waardering vir haar skryfwerk het.
Lees gerus Naomi Meyer se onderhoud met Chanette.
LitNet was ’n belangrike mediavennoot tydens die Lekkerlit-kompetisie. Lesers is elke maand, vir tien maande lank, blootgestel aan ’n bepaalde teks. Uiteindelik is die gewildste boek uit hierdie tien tekste aangewys.
|
Titel: Aan die stuur |
Titel: Lam in Wolfsklere |
Titel: Insomnia |
Die lesers het twee debuutromans, naamlik Een stad, drie rooikoppe, sewe dae (Lili en Adeline Radloff) en Lam in Wolfsklere (Bernette Bergenthuin), in die gesamentlike tweede plek geplaas. Leon van Nierop se Insomnia was derde.

Op die foto hier bo staan Bernette heel regs.

Tydens dieselfde funksie het Leon van Nierop vertel hoe die advertensiemaatskappy Etiket hom genader het om ’n boek te skryf wat sou handel oor ’n ware hoofkarakter. So is LAPA se hoofkarakter-soektog gebore. Leon sê dit was ’n enorme uitdaging, want hy kon nie van binne sy gemaksone skryf nie. Hy moes hou by wat die werklike karakters aan hom gedikteer het.
LitNet was nog eens ’n belangrike mediavennoot in die Lapa-hoofkarakter-soektog.
Lees gerus Naomi Meyer se onderhoud met Monique Bisschoff, die ware hoofkarakter in Snydokter.
Lapa se hoofkarakter-soektog is verlede jaar met twee Pendorings bekroon.
![]() |
Titel: Snydokter |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.







