Kunstenaars | Sing 'it 2012

  • 0

Die musikante vir die 2012-aflewering is gekies om relevant, inklusief en eg Suid-Afrikaans te wees. Sanlam en LitNet het gesoek na kunstenaars wat opgewonde en entoesiasties is oor die unieke interaksie tussen musiekliefhebbers en musikante wat Sing ‘it bied. Hierdie line-up dek alles van rock tot funk, hip-hop, pop en elektroklanke. Suid-Afrikaanse musiek-malles, hier is julle “kollegas” en medewerkers:

Tumi and the Volume is hoogs talentvolle hip hop groep wat dié genre se tipiese klanke uitbou met elemente van jazz, samba en reggae, om dit 'n unieke – en eg Suid-Afrikaanse – geur te gee.

Louise Carver het haar eerste enkelsnit reeds op 17 jarige ouderdom vrygestel. Sy is een van Suid-Afrika se voorste sanger-liedjieskrywers en pianiste. Sy het onlangs haar 5de studio album vrygestel.

“I am so excited to be apart of the Sing 'it competition and help discover talent in the lyric writing arena. For too long in South Africa, the art of songwriting has been left unrecognised and underdeveloped, and yet great lyricists are our modern day poets. I am proud to help grow this fledgling industry but most importantly, to make someone's dream come true.” – Louise Carver

Die immergroen Afrikaanse rockgroep Zinkplaat is vanjaar tien jaar oud en die viermanskap het besluit om ná vanjaar die kitare op te hang. Dis veelseggend dat hulle met 'n projek soos Sing 'it, wat 'n noue samewerking met hulle aanhangers behels, afsluit.

"Sing 'it is die tipe inisiatief wat die liriek- en musiekskryf ontbloot vir die onvoorspelbare en spontane biologiese proses wat dit werklik is. Dis soos 'n bring-en-braai vir liedjies." – Zinkplaat

Zaki Ibrahim se musiek kombineer opregte emosie en sosiale kommentaar wat saamkom as 'n poëtiese, meevoerende geheel. Sy is gebore in Kanada en is tussen dié land en Suid-Afrika grootgemaak. Haar musiek weerspieël die kulture diversiteit van in twee uiteenlopende wêrelde grootword.

In hulle ontstaansjaar is 3rd World Spectator in die Virgin Mobile Road to V-kompetisie as "Best Unsigned Band in SA" aangewys. Hierdie alternative rock band het ook al 'n verhoog met internasionale musiekreuse soos Maroon5 en OneRepublic gedeel.

"To us, not drums or bass or guitars or vocals function as backbones to our songs. It's the message and how it's conveyed that creates conversations and universes, and we do that with words. With Sing 'it the platform has been created to launch new voices in the industry and start brand new conversations, and we are looking forward to seeing where this adventure is going to take us." - Peter Crafford, 3rd World Spectator

ekhouvanjou,okay! is ‘n Ghoema-genomineerde supergroep vanaf Potchefstroom in die Noord-Wes wat verlede jaar hulle eerste album, Ek is beter as hy, trust my, vrygestel het. Hulle energieke elektroklanke en kenmerkende humor sorg daarvoor dat hulle van krag tot krag gaan.

"Sing 'it skep 'n amazing geleentheid vir die stil stemme van ons land om gehoor te word" – ekhouvanjou,okay!


Stuur ’n e-pos aan singit@litnet.co.za vir enige navrae.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top