.jpg)
1) Dagsê ouens, hoe gaan dit?
Kan nie beter nie!
2) In watter stadium het julle die eerste keer julle hand aan lirieke gewaag? Hoe verskil die lirieke wat julle deesdae voortbring van daardie vroeë pogings?
Ek het begin lirieke skryf in 2002 toe ek my skouer gepop het en nie meer kon rugby speel nie ek het baie tyd gehad, het dit (lirieke skryf) probeer en daarvan gehou. In die begin het ek baie stories gekryf as liedjies, maar deesdae is dit partykeer meer temas wat aangespreek word, of ‘n idee.
Party van ons lirieke is deesdae dalk bietjie swaarder as in ons vroeë jare, maar dit is maar fases waardeer mens gaan. Ek verkies nogsteeds die storieverteller-lirieke bo ewekansige-gedagtes-lirieke, maar daar is plek vir albei. Die groot uitdaging is seker om lirieke te skryf wat eerlik is, emosie dra, en hoopvol is, selfs op ‘n asvaal ashoop.
3) Uit julle ervaring, watter raad kan julle bied aan jong liriekskrywers wat nog hul stem probeer vind?
Wees eerlik en uniek en gretig en geduldig en krities en hou jou ore oop vir klanke en sinsnedes en gedagtes wat uit gesprekke en gebeure om jou te voorskyn kom.
4) In terme van benadering, styl en inhoud, waarvoor kyk julle in lirieke wat vir Sing ’it voorgelê is? Wat in lirieke sal julle opgewonde maak om dit op te neem?
Ons sal kyk na iets wat oorpsronklik is, iets wat lekker rol, gemaklik op die lippe lê, ou gedagtes wat van ‘n nuwe hoek uit benader word, of ‘n storie wat vertel moet word!



