|
Hierdie week kies Kerneels Breytenbach sy gunsteling-webwerwe wat hy dink jy op die proef moet stel. |
|
|
1. Metacritic ’n Baie nuttige webwerf waar inligting versamel word oor die kritici se reaksie op rolprente, TV, musiek en so meer. Baie informatief oor komende uitreikings. ’n Onuitputlike bron van onderhoude met die groot geeste van die wêreldletterkunde - onder meer. Die beste kortpad na inligting oor die soort boeke wat mens eenvoudig net móét lees. Sal Nunziato se blog vir mense met goeie geheues en aangename musiekherinneringe. 5. An Overdose of Fingal Cocoa ’n Webwerf wat konsentreer op die uitstekende musiek van kunstenaars wat nooit vol in die kollig gestaan het nie, maar beter musiek gemaak het as hulle wat wel celebrity-status verkry het. 6. Last.fm ’n Heerlike bestemming: musiek te luister en kyk, plus uitstekende inligting oor konserte oraloor, selfs in Suid-Afrika. |
|
|
Kerneels Breytenbach is bekend as joernalis en resensent van musiek, boeke en restaurante. In sy loopbaan het hy draaie gemaak by Beeld, Die Burger, Human & Rousseau en NB-Uitgewers. Hy behartig tans 'n blog, Naklanke, vir LitNet, waarin hy skryf oor die musiek van die vyftigs tot nou. |
|



Kommentaar
Uit die ses webwerwe het ek net van Paris Review geweet. Dankie vir die wenk, ek sal die ander vyf opsoek.