Gaygeit

  • 2

Gaygeit is nie ’n sonde nie. Net verstokte ou buffelfosiele wat nog in Ou Testamentiese tye leef, glo dis ’n sonde.

Die feit is, dit is ’n heel natuurlike liefde. Vir die persone wat gay is, is dit natuurlik om iemand van dieselfde geslag lief te hê. Daarom dat aversie-terapie nooit gewerk het nie. Hulle kan netsowel iemand probeer dwing om op te hou asemhaal deur hom ’n ligte elektriese skok te gee elke keer wat hy lug insuig. Dít is wat ’n sonde is en die oortreders sal swaar gestraf word.

Dit is Godslasterlik om te sê gaygeit is ’n sonde.

Moenie dink net omdat ek sê ek is ’n heiden dat ek ongelowig is nie.

Liefdegroete aan alle gays.

Heiden.

 

  • 2

Kommentaar

  • Heiden,

    Voor ek begin wil ek net vir Cornelius, Jaco en dies meer sê: Let op - dit is Sondaar Twee en Heiden wat weer die onderwerp van spesifiek homoseksualiteit opbring en nie Kobus, Henry of ek nie.

    Nou, Heiden, as jy nie iets van ‘n onderwerp weet nie moet jy eerder stil bly – dit is eintlik beter as om jou naam gedurigdeur met ‘n plank te slaan (vat maar Cornelius en Jaco as sprekende voorbeelde) – dit is bykans ongelooflik watter dwaashede uit jou mond kom wanneer jy dit oopmaak. Maar dan verwag mens nie iets anders van iemand wat onder andere nie die Bybel as die Waarheid – God se Woord, aanvaar nie. Snaaks hoe jy van Godslasterlik praat maar jy weet nie wat in God se Woord staan nie en jy glo (blykbaar) ook op ‘n selektiewe basis daarin – dit is nou nadat jy jouself oortuig het van jou waninterpritasies daarvan en jou gewete gesus het en jouself en jou optrede regverdig het.

    Jy vaar uit teen die Ou Testamentiese geskrewes oor homoseksualiteit en klassifiseer (sommer so by jouself) homoseksualiteit as natuurlike liefde – dít terwyl daar ook in die Nuwe Testament in Rom 1: 18-32 duidelik teen die sonde van homoseksualiteit en die onnatuurlikheid daarvan gespreek word en verder in 1 Tim. 1:10-11 ook verwys word na die beoefening van homoseksualiteit  as sonde en dat dit “in stryd is met die gesonde leer  – die evangelie van die heerlikheid van God” (daarmee regverdig of ontken ek nie die ander sondes wat onder andere ook genoem word in 1 Tim 1 nie – Cornelius! – die onderwerp is homoseksualitiet, en ek spreek Heiden se skrywe daaromtrent aan). En dan kom jy en skryf “Dit is Godslasterlik om te sê gaygeit is ’n sonde” en jy volg dit op met “Moenie dink net omdat ek sê ek is ’n heiden dat ek ongelowig is nie”. Jy praat direk teen die Woord van God en jou blantante dwaalleer, verdraaiing van God se Woord, selfregverdiging en laster ken geen perke nie!

  • Kobus de Klerk

    Dolf,

    Ek dink ek moet jou daarop wys dat "Sondaar" en Cornelius Henn, een en dieselfde persoon, is.

    Cornelius het vir die eerste keer, sover ek kan onthou, in 2010 begin met die alter ego persoonlikheid van hom. Nadat hy daarmee gekonfronteer is, het hy dit uiteindelik in 'n onbewaakte oomblik erken, deur sy onsinnige brief af te sluit met die woorde "Sondaar (ook bekend as Cornelius Henn)".

    Toe, gedurende 2011, skryf hy weer skielik onder daardie alter ego in, en so wrintie, antwoord hy homself onder sy eie naam, Cornelius Henn,  asof die "Sondaar" 'n ander persoon is!  Toe hy op die waansin attent gemaak word, het hy dit probeer ontken en voorgegee dat die "Sondaar" 'n ander persoon, is.

    En nou, in 2012, skryf die "Sondaar" weer - hierdie keer meer lasterlik ans tevore, en noem selfs God se geskrewe Woord, as Godslasterlik. Dit is natuurlik die optrede van 'n waansinnige.

    En so wrintie, sekerlik weereens in so 'n onbewaakte oomblik, identifiseer Cornelius homself weer as die berugte "Sondaar", met presies dieselfde woorde as in 2010, naamlik "Sondaar (ook bekend as Cornelius Henn)" Kyk gerus vir bevestiging sy kommentaar aan Trienie op 6 Augustus 2012 om 5:49PM onderaan 'n brief wat Sondaar Twee (waarskynlik ook een van Cornelius se verskeie alter ego persoonlikhede wat met mekaar praat) onlangs geskryf het.

    As Cornelius nou lees wat ek hier skrywe, is hy kapabel en wis sy identifiserende kommentaar uit, maar jy sal dit kan eien omdat jy self op 7 Augustus 2012 ook daaruit aangehaal het en hom tereg tereggewys het oor wat hy kwytraak.

    Die ergste is, dat dit nou wil voorkom dat hierdie 'persoonlikheid' van Cornelius so eenmaal per jaar manifesteer... dit is werklik siek.

    Vergelyk nou al die briewe  wat Cornelius onder sy 'eie' naam skrywe en die onstabiliteit en lasterlikheid wat daaruit voortkom, en dan vergelyk jy dit met die briewe wat deur sy "Sondaar" alter ego persoonlikheid geskrywe word (en waarskynlik ook die Sondaar Twee persoonlikheid) en jy sien n baie onstabiele siek persoon. Aan die een kant word uit die Woord aangehaal om ons as gelowiges mee te probeer kasty en talle aanhalings asof hy die Woord enigsins sou ag (hoewel ons reeds weet waaroor dit regtig vir hom gaan met sy eie versinsels) en onder sy Sondaar persoonlikheid maak hy die opgetekende Woord van God af as Godslasterlik! Hoe waansinnig!

    Die mense wat God nie ag nie, en met SY Naam mors en laster, en ydellik daarmee omgaan, bly nie ongestraf nie - Psalm 139:20; Deuteronomium 5:11.

    Groete,
    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top