Foto's: Jaco Jacobs by NALN

  • 0

 

Jaco Jacobs het onlangs ’n praatjie oor tydskrifverhale en -rubrieke by NALN aangebied. Margarethie Bredenkamp was daar met haar kamera.
 
Jaco Jacobs, die veelbekroonde Bloemfonteinse skrywer, het by NALN gesels oor tydskrifverhale en -rubrieke. Hy is veral bekend as jeugskrywer, maar het net soveel ervaring as skrywer vir tydskrifte.
 
Jaco en Leana Lategan, sy is verantwoordelik vir  leeskringbesprekings en praatjies by NALN.
 
Jaco Jacobs skryf gereëld vir Vrouekeur. Hy het met die grootste lof van die ervare uitgewer en huidige verhaleredaktrise, Dineke Volschenk gepraat.
 
Talita Louw, ’n leerder van Oranje Meisiesskool het ook die praatjie bygewoon.
 
Gebore Vrystater Tosca de Villiers, saam met Jacobs en ou bekende vriende uit haar kinderjare.
 
Bollie Konyn en sy familie word veilig bewaar by NALN.
 
Bekendes oor die jare
 
Adelina Pitikoe, Sello Lechuba en Gloria Molefe, werksaam by die knipseldiens het saamgekuier.
 
Amos van der Westhuizen geniet ’n koppie tee saam met die kurator mnr Liebenberg en Hannes Haasboek, ’n historikus by NALN.
 
Lana Lategan, Abel Mocumi, Jaco Jacobs, Pieter en Joey Marais het lekker gesels.
 
Nola Dore en Melani Viljoen geniet 'n koppie tee.
 
Ruan Bruwer (verslaggewer van Ons Stad) saam met Jaco Jacobs

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top