Foto's: 2014 Media24 Boeke Literêre Pryse en die Jan Rabie Rapport-prys

  • 0

Die wenners van die 2014 Media24 Boeke Literêre Pryse en die Jan Rabie Rapport-prys is Vrydagaand tydens ’n glansgeleentheid by die Brundyn-galery in Kaapstad aangewys. Totale prysgeld van meer as R200 000 is aan die wenners oorhandig.

Sally Partridge en Warren Talmarkes

Linda Rode

Albert Grundlingh

Wilma Stockenström

Madri Victor

Riana Barnard

Marga Stoffer

Ton Vosloo

Bill Nason

Helize van Vuuren

Kerneels Breytenbach

Elmari Rautenbach en Hevette le Grange

Francois Smith

Dominique Botha

Andries Visagie

Derick Müller

Wilken Calitz

Rudie van Rensburg en Etienne Bloemhof

Dominique Botha en Joan Hambidge

Janita Holtzhausen

Joan Hambidge

Eben Venter en Murray la Vita

Alida Potgieter het die Elisabeth Eybers-prys vir digkuns namens Marlene van Niekerk in ontvangs geneem.

Elisabeth Eybers-prys vir digkuns in Engels of Afrikaans

Kaar deur Marlene van Niekerk, uitgegee deur Human & Rousseau

Die ander titels op die kortlys was: Chokers en survivors deur Nathan Trantraal (Kwela) en Hierdie mens  deur Wilma Stockenström (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Henning Pieterse, Helize van Vuuren en Francois Smith.

Dominique Botha het Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk in Afrikaans vir Valsrivier ontvang.

Jan Rabie Rapport-prys vir die beste debuut- of vroeë (tweede) werk in Afrikaans

Valsrivier deur Dominique Botha, uitgegee deur Umuzi

Die ander titels op die kortlys was: Koljander deur Carié Maas (Human & Rousseau) en Slagyster deur Rudie van Rensburg (Queillerie). Die beoordelaars was Chris van der Merwe en Danie Marais. Hettie Scholtz was die adviseur.

Herman Charles Bosman-prys vir die beste literêre werk in Engels is toegeken aan Shadows deur Novuyo Rosa Tshuma. Eloise Wessels en Marianne Thamm het dit names hom in ontvangs geneem.

Herman Charles Bosman-prys vir die beste literêre werk in Engels

Shadows deur Novuyo Rosa Tshuma, uitgegee deur Kwela

Die ander titels op die kortlys was: Sister-Sister deur Rachel Zadok (Kwela) en Water Music deur Margie Orford (Jonathan Ball). Die beoordelaars was Johan Jacobs, Jenny Hobbs en Hedley Twidle.

Sally Partridge het die MER-prys vir die beste jeugroman vir Sharp Edges ontvang.

MER-prys vir die beste jeugroman

Sharp Edges deur SA Partridge, uitgegee deur Human & Rousseau

Die ander titels op die kortlys was: Amper Einstein deur Christien Neser (Tafelberg) en Dit vat guts deur Annelie Ferreira (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Susan Samuel, Alet Mihalik en Jomarié Dick.

Die MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek is toegeken aan Linda Rode vir In die land van pamperlang. Aldré Lategan het die prys namens die illustreerder Johann Strauss ontvang.

MER-prys vir die beste geïllustreerde kinderboek

In die land van pamperlang deur Linda Rode en geïllustreer deur Johann Strauss, uitgegee deur Human & Rousseau

Die ander titels op die kortlys was: Die Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die maan deur Elizabeth Wasserman,  geïllustreer deur Astrid Castle (Tafelberg), en Sisi gaan skool toe en ander stories/ Sisi Goes to School and Other Stories deur Wendy Hartmann, geïllustreer deur Joan Rankin (Human & Rousseau). Die beoordelaars was Lona Gericke, Paddy Bouma en Magdel Vorster.

Irina Filatova het die Recht Malan-prys vir die beste Afrikaanse of Engelse niefiksie vir The Hidden Thread ontvang.

Recht Malan-prys vir die beste Afrikaanse of Engelse niefiksie

The Hidden Thread: Russia and South Africa in the Soviet Era deur Irina Filatova en Apollon Davidson, uitgegee deur Jonathan Ball

Die ander titels op die kortlys was: Into the River of Life: A Biography of Ian Player deur Graham Linscott (Jonathan Ball) en Die oorlog kom huis toe/ The War at Home deur Albert Grundlingh en Bill Nasson (reds.) (Tafelberg). Die beoordelaars was John Maytham, Elsa van Huyssteen en Tony Morphet.

Etienne van Heerden het die WA Hofmeyr-prys vir die beste literêre werk in Afrikaans vir Klimtol ontvang.

WA Hofmeyr-prys vir die beste literêre werk in Afrikaans

Klimtol deur Etienne van Heerden, uitgegee deur Tafelberg

Donkerlanddeur Kerneels Breytenbach en Deon Opperman (Tafelberg), en Wolf, Wolf deur Eben Venter (Tafelberg). Die beoordelaars was Ronel de Goede, Andries Visagie en Amanda Lourens.

Die wenners: Etienne van Heerden, SA Partridge, Dominique Botha, Linda Rode en Irina Filatova

Sally Partridge het vanjaar vir die derde keer die MER-prys gewen, terwyl Etienne van Heerden vanjaar vir die vyfde keer die WA Hofmeyr-prys ontvang. Hier is hulle saam met Eloise Wessels van NB-Uitgewers

Foto's © Naomi Bruwer


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top