Floris Brown se jongste bundel op McGregor bekendgestel

  • 1

Floris Brown se jongste bundel, Mooiweer in my koffie, is by die onlangse Poetry Festival op McGregor bekendgestel. Hy deel met LitNet 'n paar herinneringe aan die geleentheid.

Floris Brown lees voor en helder sy aanbieding op met ‘n skyfievertoning met onder andere  skyfies oor versoening.

Floris begin sy voorlesing met:

Afrikaans
(Uit: Nuwe verset)
 
Ek sleep Afrikaans
deur die woestyn,
kom jy saam.
 
Ek sleep Afrikaans
deur doringdraad en reën,
kom jy saam.
 
Ek sleep Afrikaans
oor die hemelruim,
lees jy saam.
 
Ek sleep Afrikaans
tot in my graf,
sing jy saam.
 
Is jy nog hier, is jy by
om rug aan rug
vir Afrikaans te stry?

William en René Coraizin van Bethany Kerk Tygerberg verras Floris met hul teenwoordigheid.

Gedurende die ete skryf Floris die gedig “Nagstil”, een van sy drie gedigte wat in die McGregor Poetry Festival 2013 Anthology opgeneem is, op die koerantpapier wat op tafels gesit is vir enigeen om iets op te skryf:
 

Nagstil
(Doofblind-maand)

2011 Uit: Afrikaanse Poësie-werkswinkel
Kaapse Peninsula Universiteit
FAB-Produksiehuis

om te staar deur ’n venster
waar daar geen venster is nie

om te luister na geluide
waar daar geen geluide is nie

om te wil praat
waar daar geen spraak is nie

om te dwaal in my stikdonker gedagtes
al langs die muur voel-voel langs die muur

tot jou vingers my vingers aanraak
jy ’n rustigheid oor my bring

Mamma waar is jy Mamma
die wêreld is vir my een groot vrees

Mamma hoeveel sterre het die nag?
Ek wil vir elkeen ’n “smiley” stuur wat lag ...

Die digters Wilma Barry, Floris Brown en Diana Ferrus

Patricia Schonstein stel vrae aan Floris tydens die bekendstelling van die McGregor Poetry Festival 2013 Anthology.

Floris lees die gedigte voor wat in die bundel opgeneem is. Ander digters wat in die bloemlesing gepubliseer het, het na hom voorgelees.

Floris Brown, Wilma Barry, Danny Schroeder en vriend Claude Schroeder, ‘n hooggeplaaste by die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit. Al vier is van Worcester.

  • 1

Kommentaar

  • Haai Floris, so jammer dat ek dit nie kon bywoon nie, maar sal wel 'n eksemplaar in die hande kry. Hannes Steyn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top