Comestor vs Ferns

  • 2

Johannes,

Dink jy nie só ’n poging van jou af, ’n ganse artikel wat dit ten doel stel om ’n ander bydraer, Wouter in dié geval, as persoon af te kraak, openbaar meer van jou eie krake, as syne, nie?

Deur jou “uitdaging” tot ’n kinderagtige tweegeveg in die openbaar te ignoreer, dui op sý wyse volwassenheid en jou onwyse onvolwassenheid. Deur agterna jou instrument, waarmee jy die tweegeveg wou veg, naamlik die kritiek op die Godwin boek (mos duidelik – het nie oor die boek in die eerste plek gegaan nie, maar oor jou mede bydraer, Wouter, se persoon en jou eie verwaandheid en arrogansie), te verbreek met kritiek rakende jou hantering van dié instrument, het Wouter gewys dat hy ook ’n beter taktikus is, as jy – hy het jou laat begaan om jou met jou eie tou van verwaandheid, te hang.

Mens sou tog verwag dat jy, wat aanspraak maak op meer wysheid en kundigheid bloot weens jou hoër ouderdom, sou besef dat jy heeltemal verkeerd met ’n mede-bydraer op hierdie forum, aangaan. Instede om te besef dat jy eerder, in stede van sy persoon, die kwaliteit (of gebrek daaraan) van sy critique rakende jou resensies te behandel, verkies jy om hom as jongere persoon te probeer afkraak.

Maar jy het uiteraard nie geslaag nie. Jy het bloot vir ons almal gewys dat jy kritiek, goed of swak, nie kan hanteer, nie en dat jy voorsprong in jare jou nie kan laat uitstyg bo ’n jongeling wat baie moeite doen om werklik inligting en kennis te versamel, nie om sy ego in die openbaar daarmee te probeer opblaas nie, maar ter wille van die waarde van kennis.

En só staan Wouter se critique teenoor jou resensies steeds ongeskonde en het jy jouself met ’n báie ondeurdagte brief, groot skade berokken. En die énigste steun wat jy kry? Van Kerneels, ’n persoon wat óók, nes jy, ’n redelose en onsinnige persoonlike vete teen Wouter as persoon te koester. Wat getuig dit van jul eie selfbeeld?

Ek en Wouter stem oor min dinge ooreen (gegewe die onderwerpe), maar dít kan ek vir jou van Wouter sê – Wouter is die enigste een onder sy eweknieë hier, wat jou as ateïs insluit, wat geleenthede hier bona fide gebruik om te groei, om te leer, om wyser te word, om sy spektrum te verbreed en te deel wat hy te wete kom – en hy bly konsekwent hoflik en ordentlik. Hy, miskien die minste van álmal wat bydraes lewer op hierdie forum, verdien julle pogings om hom as persoon te diskrediteer, want hy staan kop en skouers bo julle almal uit.

Daarom is jou aanvalbrief só uit plek uit en eerder ’n aanklag teen jou eie persoonlike disposisie. Daar skort dus met Wouter se DNS niks – miskien probeer jy eerder jou eie op hom projekteer en dit is ongevraagd en in baie swak smaak.

Kobus de Klerk

  • 2

Kommentaar

  • Hello Kobus, 

     
    Baie, baie dankie vir jou vrygewigheid van gees en vriendelike woorde. Dit word werklik waardeer en is 'n riem onder hart na al die jare se swaarde kruis tussen ons op die forum en is ek dankbaar vir al die gesprekke wat ons al gehad het, vanaf die heel eerste een tot en met die mees onlangse een en was dit 'n leerkurwe en 'n invloed wat my al na boeke gestuur het wat ek nie voorheen sou ondersoek het en 'n bewussyn geskep het in my eie gemoed en daarvoor bedank ek jou. Daarom weereens baie dankie. In die laaste week van 2011 het ek hierdie brief gestuur om aan jou 'n tipe van Kerswense toe te wens maar is nie geplaas en het nie weer probeer nie. Ek hoop dit bereik jou aangesien dit bevestig dat jy in my gemoed was oor Kersfees: 
     
    From: Wouter Ferns 
    Sent: Thursday, December 22, 2011 9:19 PM
     
    Subject: Kobus : God vs wetenskap, die sondeval en redding.    
     
    Hello Kobus, 
     
    Hierdie is al voorheen aangeroer maar nog nie uitgevoer nie, toe ek in ‘n brief verwys het na programme wat ek geniet het en van die veronderstelling af uitgaan dat jy dit ook dalk waardevol sal vind.  
     
    Die eerste program verwys na die volgende:  God and Science: Andrew Marr discusses the wonders of the universe with cosmologist Lisa Randall, biologist and author Richard Dawkins and Chief Rabbi Jonathan Sacks en kan hier gevind word. 
     
     
    Dit word veral ook aangebied aangesien dit drie baie goeie denkers is, alhoewel jou dunk van Richard Dawkins nie hoog is nie.  
     
    Saam daarmee kan ‘n gesprek van ‘n dekade terug ook oorweeg word, waarin Stephen Jay Gould, nou oorlede, sy argument van “Non overlapping Magisteria” bespreek en verduidelik waarin die veld van studie verdeel word. 
     
    “In other words ‘science studies how the heavens go, religion how to go to heaven” en kan hier gevind word. http://www.bbc.co.uk/programmes/p005479y 
     
    John Haldane, “Professor of Philosophy, University of St Andrews and Stanton Lecturer in Divinity, Cambridge University” kom met ‘n argument vorendag waarin hy na die latynse Scienza terugkeer en formuleer dat Godsdiens ook ‘n “Scienza” is aangesien dit ‘n proses is waarvolgens die waarheid ondersoek en formuleer word.  
     
    Die derde program verwys na ‘n bepreking oor die sondeval en kan hier gevind word: 
     
     
    Genesis tells the Bible’s story of creation, but it also carries within it a tale of the ‘fall of mankind’. After their primal transgression, Adam and Eve are banished from Eden and cursed by God: “Unto the woman he said, I will greatly multiply thy sorrow and thy conception; in sorrow thou shalt bring forth children; and thy desire shall be to thy husband, and he shall rule over thee. And unto Adam he said, Because thou hast hearkened unto the voice of thy wife, and hast eaten of the tree, of which I commanded thee, saying, Thou shalt not eat of it: cursed is the ground for thy sake; in sorrow shalt thou eat of it all the days of thy life.” What effect has this passage had on western culture, and how did the concept of an ‘original sin’ influence gender and morality in Christian Europe? 
     
    Die laaste program gaan oor redding en kan hier gevind word. 
     
     
    In St Paul's letter to the Galatians, he wrote:  
     
    "Christ has set us free; stand fast therefore, and do not submit again to a yoke of slavery". This conception of Redemption as freedom from bondage is crucial for Judeo-Christian thought. In Christianity, the liberation is from original sin, a transformation from the Fall to salvation - not just for mankind but for individual human beings. The content of that journey is moral, gaining redemption by becoming better. So why is the idea of transformation so appealing to human beings? To what extent were Christian views of Redemption borrowed from Judaism? How did philosophers such as Marx reinterpret the concept of Redemption and can redemption retain its value in a world without God? Does its continuing power signify a deep psychological need in humankind? 
     
    Hierdie programme word nie aangebied omdat daar ‘n veronderstelling is dat jy hoegenaamd enige iets geleer moet word nie, jy ken jou Bybel te goed daarvoor en sal dit grootliks bekend wees aan jou. 
     
    Ek het dit egter as stimulerende programme ervaar en bied dit in daardie gees aan en veral omrede daar ‘n geleentheid is om nou by hierdie tipe van programme te kom oor die vakansie.  
     
    Baie dankie 
     
    Wouter
     
  • Kobus de Klerk

    Hallo Wouter,

    Baie dankie vir die Kerswense, veral omdat jy aan my gedink het gedurende daardie kosbare tyd vir my. Ek waardeer dit.

    Ek skrywe hierdie dinge oor jou omdat daar mense is wat jou baie berekend so duidelik ten onregte probeer afkraak as mens. Ons het al baie vonke laat spat, ek en jy, maar nog nooit het jy 'n ander mens se persoon hier probeer afkraak nie - en het dit my lankal reeds opgeval - jy het meer liefde in jou as menige wat die titel 'Christen' ronddra... Ek sou my oortuigings as Christenmens dus skade berokken om dit net te laat begaan. Ek skrywe uit my oortuiging.

    Alhoewel ek en jou oor baie belangrike dinge op hierdie stadium nog verskil, weet jy reeds dat ek vir jou ’n blink toekoms sien en dat ek werklik meen dat jy nou in jou geesteslewe op ’n plek is waar jy nie tuishoort nie – Jy weet dat ek met jou gekose lewenstyl en geestesstyl glad nie kan saamstem nie en baie uitgesproke is oor daardie dinge, maar jy is ook die bewys daarvan dat ek, deur die genade en Liefde van die HERE alleen, die kosbare en dierbare méns, die régte Wouter Ferns, ágter daardie dinge kan raaksien en waardeer en besef dat, ten spyte van wat my pla, jy kragtige kwaliteite het wat eenvoudig nog vir jou gaan laat uitstyg – waarvan die Liefde en ’n skrander intelligensie wat jy klaarblyklik positief poog aan te wend in jou omgang, dalk die belangrikste, is. Moenie hieroor spesifiek negatiewe kommentaar lewer nie – want jy weet jy sal my nie anders oortuig nie, omdat ek meer vertroue in jou het as jy self …

    Jy moet asseblief jou mooi waardigheid, in teëstelling met sommige ander se sieklike selfbeheptheid, bewaar en voortgaan om ander mense te dien en te leer daarmee, wat dit is só kosbaar. Mense wat jou as persoon probeer slegsê, voel minderwaardig teenoor jou.

    Ek is dankbaar dat jy die kritiek wat ek dikwels teenoor dinge uitspreek, in die regte gees, lig en perspektief kan sien. Dit het ’n tydjie geneem vir jou om daar te kom, maar jy het – en dít is deel van die getuienis van jou gesonde vermoë om te leer en te vorder, weens jou nederigheid. Jy is ’n voorbeeld vir baie.

    Groete vir jou,
    Kobus de Klerk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top