Dat die Christendom as die oorsponklike, eg Joodse (in uitverkore Israelse sin) Godsdiens ontwikkel het tot globale Godsdiens, sien ons uit die aanvanklike toespitsing van HERE Jesus op die Jode spesifiek, of, soos dit gestel word deur die HERE Jesus, die verlore skape van Israel – sien Mattheus 10:5-6; 15:22-28 (veral 24); Markus 7:26-27 - en met dáárdie Woord - die verlore skape van Israel - verwys die HERE Jesus Christus na hulle verlorenheid in die uitlewing van hulle sinkretistiese mensgemaakte religie, judaïsme, ’n valse religie, waarvan Hy Hom gedistansieer het – sien Mattheus 15:9; Markus 7:7; Lukas 6:46.
Uit Matteus 10:5-6 sien ons dat die volle beskikbare leierskap van die dissipels en hul medewerkers deur die HERE Jesus opgedra is om hulle spesifiek op die Jode, die Judeërs, van die tyd toe te spits en om dan te poog om die Judeërs weer tot bekering te bring. Uit dié Woord blyk verder dat die HERE dié verdwaalde Jode/Judeërs as die afgedwaalde kinders van die Huis beskou – Sý Huis en nie as ’n heidense volk, nie.
In Johannes 8 stel die HERE Jesus Christus Homself weereens as God van Abraham en van Israel, dus van die Jode, voor, maar wys daarop dat sommige Jode wat onder die invloed van die fariseërs en sadduseërs verval het, só vêr van God verwyderd is, dat hulle God nie meer in Hom, die HERE Jesus Christus, herken en erken nie.
Niemand met selfs geringe objektiewe kennis sal twyfel dat die God van Moses en van Abraham, ook die God van Noag en ook die God van Israel is nie. In Johannes 8 kom die HERE Jesus en stel Homself weer voor as die Woord van God, dáárdie enigste God, maar Hy maak die belangrike punt dat sommige van die Jode God nie meer ken nie, maar die duiwel se leuens napraat omdat die duiwel hulle spirituele vader is omdat hulle God verlaat het – die judaïste.
Hoewel die Christendom as Hebreër/Joodse Godsdiens tot in sy huidige globale formaat ontwikkel het sedert Noag, Abraham en Israel van destyds, wat as uitverkore volk in daardie verband gekies was, was dit dus nooit net bedoel vir Jode nie, want dit is die enigste ware Godsdiens en dus ’n globale Godsdiens. Die profeet Sefanja is bekend daarvoor dat hy geprofeteer het dat alle volke deur die ware Godsdiens tot God geroep sou word en dit is presies wat die Christendom steeds vandag doen – sien Sefanja 3:9-10 en Mattheus 28:19.
Dit is juis ook deur die profeet Sefanja en ander dat God die Nuwe Testamentiese Godsdiens, die terugkeer-na-God suiwering aangekondig het waar geprofeteer is dat ’n groep Jode sal oorbly wat getrou na Hom sal terugkeer – presies soos dit in die Nuwe Testament gebeur het (Sefanja 3:12-13; Jesaja 10:20-22; 14:32; 60:21; Sagaria 8:3,16; 13:8-9; Miga 4:7; Openbaring 14:5)
Die noodwendige afleiding is dus dat die judaïste met hulle judaïsme afgedwaal het van die ware oorspronklike Godsdiens en as sodanig deur God as verlope skape, verlore kinders, aangesien is – vandaar Sy verwysing aldus na hulle.
Die judaïsme het egter baie gou stagnasie bereik en daarby gebly. Judaïsme is steeds die reëls-religie wat dit destyds was met sekere geringe kosmetiese aanpassings, veral met betrekking tot die aard en voorbereiding offerandes – en ook ’n groot mate van swier wat ingesluip het wat vroeër nie daar was, nie. Offerdiere – kosher geslagte karkasse – word steeds geslag en gebruik (slegs voorkwarte van groot slagdiere) en steeds deur rabbi's keelafgesny om uit te bloei, maar hoofsaaklik by geregistreerde abattoirs om aan sekulêre gesondheidsregulasies te voldoen en nie meer by die tempels (tabernakels) nie. Graanoffers word deesdae gedoen deur swierige gebak wat deur spesiaal opgeleide bakkers voorberei word, ens, maar in essensie is dié religie nog net die reëls-en-tradisie religie wat dit destyds vir die fariseërs en sadduseërs was, báie vêr verwyderd van God.
Die soenofferande-gebruike van die oorspronklike Noagiaanse, Abrahamiese en Mosaïese en Israelse (soos dit met die tyd ontwikkel het) Godsdiens is nie vergete, verlore of verworpe nie, maar volkome en perfek vervul deur die verlossingswerk van die HERE Jesus, want dié offerandes, wat die voorlopers en aanwysers tot die ware smet- en gebreklose Offerlam, die HERE Jesus Christus as finale Offerlam by Golgota ter vervulling van die profesie van die profeet Jesaja (Jesaja 53:11; Johannes 1:29, 36; Openbaring 1:5; 5:6-14) was, is vervang met die finale Offer gebring op Golgota en só is die offergawe gebruike van die oorspronklike antieke Noagiaanse, Abrahamiese en Mosaïese Godsdiens finaal vervang deur daardie enkele, grootste gebeurtenis van álle tye - die kruisiging (offer) van die HERE Jesus Christus, die Messias en Sy opstanding daarna. Net soos God in die eerste instansie Self die offerlam voorsien het vir Abraham (Genesis 22:7-8), net só het God eeue later in die finale instansie óók Self die Offerlam voorsien – Sy Seun, die ware Messias, die HERE Jesus Christus op Golgota.
Dus, waarom sou enige ware gelowige steeds ’n soenofferande wou bring, behalwe die Heilige Nagmaal, wat deur die HERE in die plek daarvan gestel is as herinnering (Mattheus 26:26-30; 1 Korinthiërs 11:23-24), terwyl die finale, perfekte Offer rééds gebring is op Golgota?
Daar is nie die geringste twyfel dat die Christendom die oudste, enigste ware Godsdiens is, nie.
Uiteraard verstaan en erken die judaïste dit nie, want hulle ken die Messias en vir God, lánk reeds nie meer nie – hierdie aspekte word in detail bespreek deur die HERE Jesus in Johannes 8:12-58. Dié wie Verstand het, sal dit verstaan en aanneem.
Groete,
Kobus de Klerk


Kommentaar
Tot vervelens toe en komende van die werf se infernale oorlogshond homself, die ou grote Kobus de Klerk (soos hy graag na homself verwys), 'n mens eintlik net jammer kan voel vir die arme mens se sieklike drang vir aandag met allerlei omstredenheid en haat ... siestog...
Beste Kobus,
Om aan Christus te behoort
Het u geweet - ’n Gelowige persoon is nie noodwendig ’n geredde persoon nie?
1 Korinthiers 1,21; Want aangesien in die wysheid van God die wêreld (mense) deur die wysheid God nie geken het nie, het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
Vraag:
Waarom moet ons gered word, en waarvan?
Génesis 3: Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ’n sondige natuur geërf en is gedoem om verlore te gaan.
Maar God het die mense wat Hy geskape het lief, (Johan 3,16) en gee uit sy groot genade sy eniggebore Seun Jesus Christus, as offer om aan ’n kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort, tot vergewing van jou en my sondes kan dien.
1 Timótheüs 2,4-5; wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus.
-----------
Daar is niks wat ons as mense kan bydra tot hierdie verlossingsdaad van God aan die mens nie.
Al wat van ons verwag word is om dit te glo en te aanvaar. Maar om dit te kan doen is dit noodsaaklik om die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig sou volg, en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig.
Die ewige lewe moet ons fokuspunt en einddoel wees.
-----------
Nou ontstaan die vraag; is dit vir ’n gelowige persoon moontlik om verseker te weet, hy of sy staan in die volkome geloof met God?
Volkome geloof kan in twee dele beskryf word: Die een deel is om in algehele afhanklikheid en opregtheid in God te glo.
Die ander deel wat onlosmaaklik van die eerste deel is om ’n volkome geloof te bewerkstellig, is om te ken in wie ons glo.
-----------
Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde uit die Bybel.
Die verhaal van Korneliüs is veelseggend, Handelinge 10; ons lees van hom dat sy wandel en handel voor God so opreg was dat sy gebede opgestyg het voor God. Sy een deel van die volkome geloof in God was in plek, maar die ander deel om te ken in wie hy glo het ontbreek.
Ons sien ’n engel verskyn aan hom en sê hy moet vir Simon Petrus laat haal om hom te onderrig.
Wanneer Petrus vir Kornelius en sy mense die boodskap bring dat God in sy groot genade en liefde dit vir alle mense moontlik maak om gered te word volgens Johannes 3,16; - Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê, en 1 Johannes 5,20; - En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy is die ware God en die ewige lewe, Galásiérs 3,26-29; Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee. Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.
En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Nou word die ander deel vir ’n volkome geloof in God vir hom geopenbaar, en word hy in die Naam van Jesus Christus gedoop, en is sy geloof volkome.
----------------
Nog ’n treffende voorbeeld is die verhaal van Paulus; Ons lees hy was ’n yweraar vir God, hy was opgevoed in die strengste Joodse geloof, hy was vas oortuig daarvan dat wat hy gedoen het, nl om die Christen-geloof uit te delg reg was. Sy geloof in God was opreg, maar die deel om te ken in wie hy moet glo het ook by hom ontbreek. Ons sien op die pad na Damaskus het hy ’n ontmoeting met God. Hy vra wie is U Here?, en die Here antwoord hom, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nou kom die ander deel vir ’n volkome geloof nl om te ken in wie hy moet glo in werking en sy geloof word volkome.
--------------
1 Johannes 3,2; Geliefdes, nou is ons kinders van God en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.
Johannes 14,6; Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes 10,9; Ek is die deur; as iemand deur my ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
Dit is baie belangrik indien ons aan Christus wil behoort om in die volkome geloof te wandel.
Ons lees in Efésiérs4,4-5; Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping. Een Here, een geloof, een doop. (God maak die reëls, nie ons nie)
---------------
In die eerste plek moet ons die bybel, as die Woord van God onbetwisbaar erken en aanvaar. Ons lees in 11 Timóteüs 3,16; Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. En ‘n gedeelte uit die Skrif wat pragtig daarmee aansluit vind ons in Spreuke 30,5&6; Elke woord van God is gelouter, Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil. Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ‘n leuenaar openbaar word nie. Ons vind ook ’n vermaning in 11 Timóteüs 2,15; nl Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
----------------
Een Here; - Markus 12,29; En Jesus antwoord hom. Die eerste van al die gebooie is; Hoor Israel, die Here, onse God is ‘n enige Here.
1 Korinthiërs 12,3; Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie, en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
Handelinge 9,5; En hy sê. Wie is U Here? En die Here antwoord. Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
Filippense 2,10&11; sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.
Johannes 14,6; Jesus antwoord hom. Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Uit bogenoemde tekse is dit baie duidelik dat Jesus Christus die Here is.
-------------
Een Geloof; - Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes 5, 24; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Johannes 6, 40&47; En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Johannes 12, 44&45; En Jesus het uitgeroep en gesê. Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het. En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.
Johannes 10,30; Ek en die Vader is een.
1 Johannes 3,23; En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons ’n gebod gegee het.
1 Johannes 5,13; Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Johannes 3,18; Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
1 Johannes 5,20; En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die waaragtige te ken; en ons is in die waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.
Uit bogenoemde skrifte is dit ook duidelik dat alleenlik deur die geloof in die Seun van God nl Jesus Christus ons die ewige lewe deelagtig kan word, en nie veroordeel hoef te word nie.
---------------
Een Doop; - Mattheus 28,19; Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader, en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Markus 16,15&16; En Hy het vir hulle gesê. Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word, maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
Die evangelie wat verkondig moet word is saamgevat in Johannes 3,16; Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
----------
Nou moet ons egter op ’n baie belangrike aspek van Jesus se opdrag let nl, Jesus sê, gaan en verkondig- vertel vir almal die goeie tyding dat hulle gered kan word. Hy sê nie gaan vra die wetenskaplikes - die wyses - die goddeloses -die redetwisters van ons tyd, wat hulle dink en hoe hulle oor hierdie aangeleentheid voel nie. Nee, Hy sê, vertel hulle net en maak seker hulle hoor en verstaan die boodskap, en beklemtoon die alternatief vir die wat nie wil glo nie, hulle sal veroordeel word.
Veroordeel kan beste verstaan word deur. (Vertoon sy of haar lewe, gedagtes, woorde, en dade.)
Mattheus 13,11; Toe antwoord Hy en sê vir hulle; Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Dit is die groot opdrag wat die Here Jesus Christus vir sy dissipels gegee het om uit te voer, net voor Hy opgevaar het na die hemel. Maar baie belangrik, nie uit hulle eie krag en verstand nie.
----------
Ons lees in Lukas 24,45-49; Toe open Hy hulle verstand om die skrifte te verstaan. En Hy sê vir hulle. So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder. En julle is getuies van hierdie dinge. En kyk, Ek stuur die belofte van my Vader op julle. Maar julle moet in die stad Jerusalem bly totdat julle toegerus is met krag uit die hoogte.
Handelinge 2,1-4; En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel n geluid soos van n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
----------------
Indien daar ooit iemand was wat volkome toegerus was om die evangelie van God te verkondig, dan was dit verseker Jesus se dissipels. Ons het gelees, Hy het hulle verstand gegee om die ware God te ken. Hy het hulle verstand geopen om die skrifte te verstaan, en hulle was met die Heilige Gees gedoop wat die Gees van die waarheid is, en nie kan lieg nie. En nou sien ons begin hulle die opdrag van Jesus uitvoer, nl om die evangelie te verkondig.
Ons lees in Handelinge 2,37 van die eerste bekeerdes. Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê. Wat moet ons doen broeders? En luister net wat sê Petrus gevul met die Heilige Gees vir hulle.
Handelinge 2,38; En Petrus sê vir hulle. Bekeer julle,(kom tot die geloof in Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Verder lees ons in Handelinge 8,12,16; Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop manne sowel as vroue. (16) want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
En nou kom Paulus in Handelinge 19 en ons lees hy het in Efese gekom en daar gelowiges gevind en hulle gevra. Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord. Met die doop van Johannes. Daar op sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat na hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vas staan. (Petrus-Filippus-Paulus)
----------
Een Here: Die Here Jesus Christus.
Een geloof: Die geloof in die Here Jesus Christus, om die ewige lewe te beërwe.
Een Doop: Die doop in die Naam van die Here Jesus Christus, tot vergewing van ons sonde.
----------------
Nou ontstaan die vraag; Het die doop; die besnydenis as teken van die verbond van God met Abraham vervang?
Antwoord; Die besnydenis as uiterlike teken ( van God se verbond met Abraham en sy nageslag as erfgename) word vervang en vervolmaak deur die geloof in Christus Jesus.
Jy word nie ’n kind van God deur jou te laat doop nie. Simon die towenaar is die bewys hiervan. (Handeling 8,9-24) Jy word alleenlik ’n kind van God deur die geloof in Christus Jesus.(Galasiërs 3,26)
Waar pas die doop dan in?
Die doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, is deel van die proses om aan Christus te behoort.
-----------
(1) Glo; - Johannes 3,16; Want so lief het God die Wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
(2) Aanneem; - Johannes 1,11-12; Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.
(3) Bekering en doop; - Handelinge2,38; En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, (kom tot die geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
(4) Beklee; - Galasiërs 3,27; want julle almal wat in Christus gedoop is het julle met Christus beklee.
Mattheüs 22,11-12; En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom; Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.
(5) Wedergeboorte; - Johan 3,5; Jesus antwoord; Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie. Titus 3,5 - nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
---------------
1 Korinthiérs 15,22-23; Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms.
Handelinge 4,12; En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
Jeremia 15,16; Ek het U woorde verslind toe hulle gekom het, hulle was vir my vreugde; ek was bly daaroor dat U Naam oor my uitgeroep is, Here almagtige God.
11 Korinthiers 2,14; Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. Romeine 16,16
Hello Ben
Dis duidelik dat jy baie moeite gedoen het om jou punt te demonstreer uit die Bybel, en binne die konteks en waarheid van die Bybel maak dit sin. Die probleem egter, vir my, is die heel eerste pilaar, die vraag en antwoord wat jy verskaf, waarop jou geloof steun:
"Waarom moet ons gered word, en waarvan? Génesis 3: Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ’n sondige natuur geërf en is gedoem om verlore te gaan."
Ek stem in die eertse plek nie saam met jou interpretasie van Gen 3 nie, maar kom ons los dit vir eers. Die belangrike vir nou is dat as Adam nooit bestaan het nie (ek aanvaar hier dat jy nie 'n fundamentele Christen is wat letterlik glo dat Adam wel bestaan het nie), waar het hierdie skeiding vandaan gekom? Meer verligte gelowiges sien die verhaal van Adam en Eva as 'n allegorie wat simbolies geinterpreteer moet word. Ongelukkig het hierdie interpretasie gevolge vir wat volg. Hoeveel Christene is bereid om te sê dat Jesus sterf vir 'n mite wat verwys na erfsonde? Jy sien, êrens in hierdie verhaal wat jy vertel "bait & switch" jy. Die erfsonde van 'n mitologiese karakter, Adam, word betaal deur 'n vlees en bloed karakter, Jesus. Om die nodigheid van Jesus se offer vir erfsonde te regverdig het jy meer nodig as hierdie onoortuigende mite van Adam. Dan het jy nog nie eens die hele idee van die barbaarse offer van 'n mens, asof dit die enigste alternatief vir die oppergesag van die heelal kon gewees het, geregverdig nie.
Chris
Prof. Sakkie Spangenberg het 'n artikel geskryf hier op LitNet (Die tradisionele Christelike godsdiens en teologie in die greep van ’n verouderde paradigma: diagnose en prognose) wat die probleme van Christenteologie uitspel. Gaan lees dit en laat weet wat jy dink.
https://www.litnet.co.za/Article/die-tradisionele-christelike-godsdiens-en-teologie-in-die-greep-van-n-verouderde-paradigma
Na aanleiding van Ben Biggs se uitvoeringe eksposisie van gelowig wees en gered wees en Chris, ’n uitgesproke ateïs, sê kommentaar daarop, is dit nodig om die volgende aspekte uit te lig.
Ek stem saam met Ben dat alle mense wat in ’n god glo, beslis nie gered is, nie.
Soos Ben uitlig, is daar net Een God in Wie geglo kan word en in Wie daar verlossing, redding en bekering, is – deur die HERE Jesus Christus en deur Hom alleen (Johannes 14:6-7). Dit is waarom sommige van ons geredelik onderskei deur die gebruik van slegs maar ander terminologie, naamlik om te onderskei tussen gelowiges en ware gelowiges – ware gelowiges synde dan diégene wie wedergebore is in Christus Jesus die HERE deur die werking van die Heilige Gees van God en Jesus Christus die HERE as die enigste ware Verlosser en Middelaar erken en dien – en leef.
Hoewel Ben dit baie duidelik maak waarom en waarvan die mens verlossing benodig in die HERE Jesus Christus, naamlik juis die sondeval in en deur die mens se aartsouers, Adam en Eva, gaan Chris nietemin heen en maak die vreemde stelling dat hy meen Ben is nie ’n sogenaamde ‘fundamentalistiese’ gelowige wie glo dat daar werklik ’n mens soos Adam was, nie. Wil jy nou meer – hoe Chris tot dié onsinnige gevolgtrekking kom, kan mens maar net oor wonder en dit wil eerder voorkom asof hy Ben daarmee wil probeer uitlok, sodat hy hom agterna, kenmerkend aan die modus operandi van die deursnee ateïstiese agnostici wat hier en elders betrokke raak, kan aanval en probeer verneder, want só ’n onsinnige afleiding is tog duidelik geensins versoenbaar met wat Ben in besonderhede verduidelik nie.
Ons weet dat Chris as deurdagte ateïs aanklank vind by Sakkie Spangenberg se uitlatings, want Spangenberg is al lankal gekenmerk as een wat die aard en Wese van die ontstaan en Goddelikheid van dei HERE Jesus Christus betwyfel en daarom gereeld deur antagoniste van die Christendom en deur agnostici aangehaal word, omdat hulle so gemaklik is met wat Spangenberg alles kwytraak.
Daar is dus nóg ’n aspek wat uitstaan – wat beteken dit om in God te glo?
Die antwoord is baie eenvoudig.
As mens nie in die Goddelikheid van die HERE Jesus Christus glo en in Sy Goddelike maagdelike geboorte as geïnkarneerde Woord van God en in die Heilige Gees van God Wie in die mense inwerk en die Vader - uit Wie die Woord en die Heilige Gees is - as Liefdevolle almagtige Skepper en onderhouer van alle lewe nie, dan glo mens gewoon nie in God, nie. God en Christus Jesus die HERE en die Heilige Gees is nie te skei nie – te onderskei, ja, maar nie te skei, nie want dié Drie is Een (1 Johannes 5:7; Johannes 1:1; 15:26; 16:28).
Maar daar is mense wat in ánder dinge glo wat hulle ook ‘god’ noem. Sommige van hulle, soos Spangenberg, byvoorbeeld, gee aan dié selfversinde ‘god’ ’n Naam wat hulle in die Bybel gesien het, maar hulle glo nie in die God Wie Homself onder daardie Naam in die Bybel, die geïnspireerde opgeskrewe Woord van God, openbaar nie. Cornelius doen dit ook dikwels. Hulle glo dus in ’n ‘god’, maar nie in God nie.
Só het Saulus (later Paulus) óók geglo, maar nie in God nie. Hy het aan ’n stel argaïese reëls en gebruike en tradisies geglo soos mens eintlik in God moet glo, maar hy het nie in God geglo nie en was totaal van God vervreemd en het juis téén die ware God gepraat – teen die HERE Jesus Christus - en dáárom het hy dus ook mos nie in God geglo nie … totdat hy God in die Woord, die HERE Jesus Christus, letterlik op Spirituele vlak van aangesig tot aangesig ontmoet het júís onderweg na Damaskus om nog meer ware gelowiges te gaan vervolg. As Saulus wél in God geglo het, sou hy die HERE Jesus Christus óók kon eien as God in die Vlees en Hom as sodanig erken en herken het (Johannes 8:19) en nie Sy volgelinge wou vervolg nie – maar dit het ’n Persoonlike ontmoeting met die ware HERE gekos om hom tot besinning en bekering (redding) te bring. Trouens, voordat Saulus tot bekering, tot redding gekom het, het hy saam met sy ampsbroers, die ander fariseërs, só afgedwaal van God af dat hulle God nie meer kon eien en herken, nie – want hulle het die duiwel as vader gedien en nié vir God nie (Johannes 8:43-44), alhoewel hulle dikwels dié duiwel se werke (hulle werke) by God se Naam genoem het… saam met Saulus en Saulus saam met hulle, het hulle die ware God, die HERE Jesus Christus, verag asof Hý van die duiwel was (Johannes 8:48, 52) en Sy volgelinge vervolg en doodgemaak – omdat hulle God nie geken het nie en nie in Hom geglo het nie, maar in iets anders, wat hulle ook ‘god’ genoem het.
Dus, mense kan glo, ja, maar hulle is net ware gelowiges indien hulle in God glo, want slegs by Hom is redding deur die Middelaar, die Énigste Poort, die HERE Jesus Christus.
Kobus de Klerk
Die agnostici en ander ongelowiges en ketters gebruik die woord ‘fundamentalis’ as hulle na ’n ware Christengelowige verwys. Ons sien dit gereeld by hulle waar hulle hier kommentaar lewer.
Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal gee die volgende definisie:
fun•da•men•teel´ b.nw. en bw.
Wat as grondslag (kan) dien; van, betreffende, ten opsigte van die grondslag, basis wat tot die wortel, kern van die saak gaan; van die grootste belang; essensieel: ’n Fundamentele beginsel waaraan nie ligtelik verbygegaan kan word nie. ’n Fundamentele waarheid. Fundamentele regte.
Die Oxford woordeboek gee vir ons die volgende definisie:
Definition of fundamental: adjective
forming a necessary base or core; of central importance
affecting or relating to the essential nature of something or the crucial point about an issue
so basic as to be hard to alter, resolve, or overcome
’n Christen ‘fundamentalis’ is dus ’n persoon wie streng hou by die basiese Waarheid in die beginsels van die geloof in God.
Is dit werklik ’n skelwoord? Hoegenaamd nie – dit is ’n bemoedigende kompliment – hoewel die agnostikus wat so graag die woord neerhalend teenoor die gelowige gebruik, nie so wil dink nie. Mens wonder waarom?
Omdat die deursnee agnostikus sy lewensingesteldheid deurspek is van onsekerhede – soveel só, dat hy sal aandring dat alles só moet wees, selfs dinge wat nié so is nie, soos die bestaan van God en Goddelike Waarheid. Daarom is daardie geloofsekerheid en onwrikbare kennis van en in God van die ware gelowige, vir die twyfelende agnostikus ’n doring in die vlees, ’n onvervulde geheime hunkering na die sekerheid en die onbeskryflike Vrede wat dit meebring vir die ware gelowige. Maar omdat die agnostikus in sy agnostiese staat daardie hunkering na sekerheid en sekere kennis nóóit sal kan vermag of verwesentlik nie, gee dit aanleiding tot daardie onbeheerste afguns teenoor die ware gelowige en daardie afguns gee weer aanleiding tot die tipe skelwoorde en skeltaal wat die agnostikus só graag teenoor die ware gelowige wil uitspreek – en sommige van hulle doen dit dan sommer ook
Kobus de Klerk
All religions are dangerous because they are man made. Die kerk het baie bloed aan hulle hande.
William,
Jy moet bietjie dink voordat jy sommer klakkeloos iemand anders aanhaal... jou aanhaling sê eintlik dat enigiets wat mensgemaak is, gevaarlik is, religie ingesluit. Dus, in wat jy weergee, is dat religie gevaarlik is omdat dit mensgemaak is. Jy is ook mos 'n mens... en dus net so gevaarlik in wat jy prakseer? Hoe kan jy dan klippe gooi as jy in die glashuis staan?
Jou onkunde laat jou ook snert praat.
Die woord 'kerk' het baie wye strekking en die enigste kerk wat in die verre verskiet eeue gelede bloed aan hulle hande het, is die katolieke kerk van destyds, nie ter wille van God nie, maar ter wille van hulle eie politieke gewin omdat hulle ook die regering van die dag was - baie beslis nie die ander Christelike kerke nie.
Trouens, die Evangelie van Jesus Christus die HERE, die basis waarop alle kerke behoort te funksioneer, is geheel en al gekant teen wat jy oor die algemeen aan 'die kerk' toedig.
Dit is dus hierdie soort van oningeligte, ondeurdagte oneerlike aanmerkings van julle, die agnostici, wat maak dat mens geen ag daarop kan slaan nie, behalwe net om die onkunde en die oneerlikheid daarvan uit te wys.
En dan is julle tweegesigte ook, want wie kan vergeet van die allerverskriklikste massamoorde en wreedhede wat onder die leierskap van ateïste soos Lenin, Stalin, Hitler, Ho Chi Minh en Le Duan, om maar 'n paar meer onlangse voorbeelde te noem, plaasgevind het? Haat jy jouself ook daaroor? Of is jy te veel van 'n tweegesig.
Die enigste ware Goddelik geïnspireerde Godsdiens, die Christendom, se beginsels is baie sterk gekant teen wat jy daaraan wil toedig.
Kobus de Klerk
Chris,
Dit is vir my interessant hoe baie ongelowiges/agnostici/ateïste dikwels praat van “verligte” christene en/of gelowiges, soos jy nou weer met: “Meer verligte gelowiges sien die verhaal van Adam en Eva as 'n allegorie wat simbolies geinterpreteer moet word…”. As ek sien waar en wanneer die term “verligte gelowiges/christene” gebruik word is dit duidelik dat ongelowiges, ateïste, en dies meer, dié term gebruik vir die beskrywing van gelowiges en/of christene wat meer deel in die sieninge van die wêreld, maar nie heeltemal wil afstand doen van hul sogenaamde geloof nie. Daardeur probeer hulle dan ‘n aanvaarbare tussenwerpsel kry om die wêreldse siening te probeer meng met die ware Woord van God. Dit is hier waar verdraaiing van die werklike waarheid ("the true truth") van God se Woord plaasvind om ‘n meer aanvaarbare siening daar te stel sodat die ongelowige, en dies meer, bykans oortuig word dat “geloof” eintlik aanvaarbaar kan wees en daarby byklank gevind kan word. Die probleem is tweevoudig in só ‘n geval. Eerstens is die sogenaamde “meer verligte” gelowige besig om God en die Waarheid van Sy Woord te verloën en tweedens is hy dan besig om die ongelowige te mislei met valsheid en dwaasheid deur verdraaiing van die Waarheid – dít tot nadeel van beide partye.
Nee-wat, Ek is veel eerder ‘n fundamentele ware gelowige christen soos Kobus tereg opmerk, eerder as om ‘n “meer verligte” christen genoem te word in terme van hierbo uitgewys.
Sterkte
Dolf
Hello Dolf
Die "fundamentals" van Christen fundamentalisme vra van die gelowige om te glo aan goed wat demonstreerbaar vals is. Van die fundamentele Christen word 'n groot prys gevra. As jy kans sien om dit te betaal te ignoreer wat die wetenskap en geskiedenis vir ons wys, wie is ek om vir jou te vertel wat om te doen.
Ek het 'n mate van simpatie met "verligte" Christene. In hulle strewe om hulle geloof te laat pas met moderne kennis en insig, moet hulle noodwendig die tradisionele prentjie van geloof aanpas, 'n aanpassing wat Christenteologie onsamehangend maak.
Hoe dit ookal sy, ek vind nie een van die twee opsies oortuigend of aanvaarbaar nie, maar dit is nie nuus vir jou nie.
Chris
Hello,
Sogenaamde fundamentaliste se geloofsekerheid en die onderhouding daarvan het absoluut niks te make met 'n geweldkultuur nie. Trouens, ware 'fundamentalistiese' Christengelowiges - ek en ander soos ek word byvoorbeeld gereeld deur julle so geëtiketteer - weet dat geweld juis nie die opsie is nie want dit weerspreek die Evangelie van Vrede van die HERE Jesus Christus en omdat hulle ware gelowiges is, het hulle dit nie in hul harte om eens sulke gewelddadige optrede te bedink nie. Watter sin maak dit moreel en Spiritueel om kwaad te word vir iemand omdat hy babetjies vermoor en dan doen jy presies dieselfde - jy vermoor hom?!
So, 'fundamentalistiese' Christen-gelowiges, soos julle ons graag skel en soos ek ook een is, neem handomkeer toe en ons floreer soos jou kommentators sê, ja, maar die ironie is dat julle, julle ongebore kindertjies en julle vroue by ons veel veiliger is as by julle eie soort...
Hoe maklik speel julle nie met woorde waarvan julle die betekenis nie ken nie.
Is dit nie interessant hoe die agnostici die optrede van letterlik 'n handjievol mense wat kop verloor sommer so toeskryf aan die geloofsoortuiging van biljoene ander mense, Christene, nie? Asof dit nou die oortuiging van optrede van die Christendom verteenwoordig.
Julle is werklik desperaat om 'n punt te probeer maak, Wouter en die ergste is dat julle dink mens kan nie daar deur sien nie en julle is blykbaar nie meer in staat om skaam te kry oor sulke blatante woordboewery wat deur julle bedrywe word nie.
Daar is mos maar net geen manier hoe julle sulke bewerings en optrede aan die Christendom kan toedig nie. Ons staan aborsie en homoseksualisme seer sekerlik hewig teen, ja, maar baie sekerlik nie met geweld nie. Dink net aan die konsekwensies van julle valse, onhoudbare bewering... as die oortuiging van optrede van ongeveer twee biljoen Christene wêreldwyd werklik deur die moordenaars en geweldenare verteenwoordig sou word en alle Christene wêreldwyd glo dat sulke optrede die korrekte is, hoeveel van julle sou nou nog bly lewe het? Hoeveel van julle sou nog huise hê om in te woon? Wie van julle klompie kwaadstokers sou kon waag om julle koppe by die spelonke waarin jul sou moes wegkruip, kon uitsteek? En wie sou iets omtrent die optrede van bykans 2 biljoen mense, selfs net 1 biljoen mense, wat wêreldwyd so optree, kon doen?
En tel dan nog daarby die miljoene wat die Islam aanhang.
Is julle dan werklik so bot dat julle nie kan begryp watter onverdunde snert julle alles in julle kwaadwillige desperasie kwytraak nie?
Kobus de Klerk
Beste Kobus,
Mense kan glo aan wat hulle wil, dit is hulle proregatief. My eie persepsie van God en die bybel het heeltemal verander. Kyk hoe vermoor gelowe mekaar elke dag. Deur tyd en geskiedenis is duisende mense vir die geringste oortreding op die brandstapel lewendig verbrand en die kerk outoriteit het dit met gevoude hande gade geslaan.
Konstantyn die grote en sy biskoppe het in die 4de eeu(325) 'n groot vergadering gehou. Daar het hulle besluit hoe die bybel daar moet uitsien. Hulle het dit gedoen om mense te breinspoel en beheer.
Dit het tyd geword om met nuwe oë na die man Jesus te kyk. HY sê dat ons soos hy kan wees en dat ons ook die werke kan doen wat hy doen en dat ons groter dinge kan doen. Hy het nie gekom om kerke te stig nie. Hy het nie daarvan gehou dat mense hom ophemel nie, hy het dit beskou as afgodery. Die mens moet homself eers ontdek dan sal hy weet wie God is. God is klaar in my, die koningkryk is klaar in ons. Ons moet dit net ontdek.
Jesus se net hulle wat die dieper betekenis van my woorde verstaan sal die dood nie smaak nie. Hy maak gebruik van metafore, beeldspraak , simbolisme en gelykenisse.
Hello Kobus,
William,
Mense kan seker tot 'n mate glo wat hulle wil, ja, maar dit is hulle nie alles geoorloof nie. Geloof in die ware God is al wat op die ou end sal deug - omdat Hy so sê (Eksodus 20:2-3; Johannes 14:6-7).
Jy maak ook die vreemde stelling dat 'gelowe' mekaar daagliks vermoor... Hoe so? Om te sê dat gelowe daarvoor verantwoordelik is, beken dat so 'n geloof dit propageer. Ek dink weer dit is mense wat mekaar daagliks vermoor en dit het meestal met hul gelowe niks te make nie! Ek is nie bewus van 'n enkele hoofstroom geloof wat geweld primêr as geloofsgoed voorstaan of verkondig nie - selfs nie eens die Islam nie.
Maar dit is sommige mense en groepe wat hul eie agenda het wat regverdiging en verskoning soek om hulle gruwels te bedrywe en verdraai en misbruik dan die gelowe in die proses, veral die Christendom. Maar as mens net bietjie dieper delf, dan sien mens mos dat daardie mense eintlik hul gelowe verloën deur so op te tree - veral betreffende die Christendom.
Om dus die Christengeloof as sulks te verwerp omdat sommige mense - ironies genoeg, juis diegene wat nie werklik in daardie geloof glo nie omdat hulle die beginsels daarvan so verloën - hulself te buite gaan, is darem nie sinvol of billik nie.
En om die Bybel, waarin die Woord opgeteken is daaroor af te kam, is sekerlik veel meer onbillik en verkeerd.
Ek stem saam met jou dat ons soos die HERE Jesus kan wees en behoort te wees en dat die HERE Jesus metafore, beeldspraak ens gebruik om Sy Evangelie van Vrede te verkondig en dat die Heilige Gees die betekenis aan ons as Sy gewillige kinders en dienaars openbaar, terwyl ander gebuk gaan onder onkunde en rigtingloosheid daaromtrent omdat hulle Hom verstoot.
Maar ek weet ook nie wat jy werklik wil sê as jy na die 'man' Jesus verwys nie. Die HERE Jesus is waarlik veel meer as net 'n man soos ek en jy - HY is terselfdertyd God en Mens. Ek neem aan dit is wat jy bedoel?
Die HERE Jesus Christus het gekom om globale eenheid in die ware Godsdiens te bewerkstellig vir algar (1 Timoteus 2:3-6) en daardeur verlossing te vind en te bewerkstellig deur Hom en Hom alleen (Johannes 14:6-7) - en dit is wat bekend staan as die Kerk. Daaraan behoort alle ware gelowiges en almal wie reageer op die roepstem van die HERE Jesus Christus (Openbaring 3:20), in hulle verskillende stadia van geloofsgroei.
Kobus de Klerk
Ek deel graag met u oor die beskuldigde vraag wat Steve Mcswain op facebook vra. Hy vra; hoe kan God van die mens verwag om mekaar te vergewe terwyl Hy nie die mens kan vergewe nie maar hom in die hel wil werp? Nou; die stelling wat Steve hier maak, maar nie mooi verstaan nie, is dat hy sy totale onkunde oor God en die mens, en vergewe en straf openbaar.
Laat my toe om te verduidelik; God het die mens geskape en in die Paradys laat woon met sekere reëls wat hulle moes gehoorsaam. Dit is hier waar straf en vergewe ter sprake kom. Straf of vergewing is die indirekte handeling na oortreding. Kom ek gebruik ? alledaagse voorbeeld waarmee elkeen van ons een of ander tyd te doen kry. Die verkeersman stap voor jou in en beduie jy moet aftrek, jy het oor die stopstraat gery wat ontoelaatbaar en strafbaar is. Jy is skuldig en jy weet dit. Onmiddelik begin jy verskonings uitdink want jy weet ook daar is ? boete verbonde aan hierdie oortreding. Nadat die verkeersman weer onder jou aandag gebring het wat die gevaar is om ? stopteken te verontagsaam, gee hy vir jou so ? pienk kaartjie, en jy weet dit is nag vir jou. Terwyl jy jou verskonings opper en belowe jy sal nie weer nie, loer jy so met die een oog om te sien wat die skade is. Dan ontplof jy in dankbetuiging, daar staan ? "Waarskuwing". Wat gebeur hier? Die verkeersman het jou hierdie keer vergewe, maar die straf vir so ? oortreding bly nog altyd in werking. Hoe dan so? ? Week later ry jy weer oor die stopstraat en die verkeersman is weer op sy pos, nou verander die prentjie, onverbiddelik hoor jy, as jy dan nie wil hoor nie moet jy voel. Kan ons die verkeersman nou beskuldig dat hy onregverdig en harteloos is? Natuurlik nie.
Kom ons kyk na ? bybelse voorbeeld. Jesus sê vir die vrou wat in owerspel betrap is en die doodstraf van daardie tyd vir so ? oortreding in die gesig staar: "Ek veroordeel jou ook nie (sy word vergewe) gaan heen en sondig nie meer nie" (waarskuwing). Die straf is nog altyd daar, die keuse of ons ag slaan op die waarskuwing berus by elkeen. Nou is die vraag: Waarom wil God hoegenaamd die mens straf en wat is die oortreding? Deur die ongehoorsaamheid en begeerlikheid (oortreding) van Adam en Eva in die Paradys het daar skeiding gekom tussen God en die mens. As gevolg hiervan het die mens ? sondige natuur geërf en is gedoem om verlore te gaan (Genesis 3). Want die loon van die sonde is die dood (straf) (Rom 6,23). Maar God het die mense wat Hy geskape het lief (Johan3,16). Want so lief het God die wêreld (mense) gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het ( as offer om aan ? kruis te sterf sodat sy bloed daar gestort tot vergewing van die mens se oortreding kan dien, hier vergewe God die mens sy oortreding met ? waarskuwing) sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo nie verlore mag gaan nie (waarskuwing) maar die ewige lewe kan hê (Vryskelding van die straf). En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang (Handelinge 2,38). Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3,23; 1Timótheüs 2,4-5) wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid (Jesus) kom. Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mens. Christus Jesus. Amen.
Jesus Christus die enigste weg na die Hemel en die Ewige lewe.
Vraag: "Hemel toe gaan – hoe kan ek my ewige bestemming waarborg?"
Antwoord: Deur die riglyne soos in die bybel vir ons uiteengesit noukeurig te volg en die Heilige Gees toelaat om ons in die volle waarheid te onderrig. Die dag wanneer elkeen van ons die ewigheid gaan betree mag gouer kom as wat ons dink. Ter voorbereiding vir daardie oomblik, moet ons hierdie waarheid besef — nie almal gaan hemel toe nie. Die Skrif is baie duidelik oor hierdie saak. Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom ʼn uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling. Joh. 5,28-29 Hoe kan ons verseker weet dat ons een van die gaan wees wat die ewigheid in die hemel gaan deurbring?
1Petrus1,13 Daarom omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.
Ongeveer 2,000 jaar gelede het die apostels gevul met die Heilige Gees en die moed van hul oortuiging, geloof en kennis, die Evangelie van Jesus Christus aan ‘n groot skare in Jerusalem verkondig en die verborgenheid van die Eenheid van God; Vader, Seun en Heilige Gees aan die mense openbaar deur die opdrag van Jesus aan hulle: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het, tot uitvoering bring Mattheüs 28,19
En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, (kom tot geloof in Jesus Christus) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Hand 2,38
En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Handelinge 4:12).
Aangaande Hom(Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, vergifnis van sonde deur sy Naam(Jesus) ontvang. Hand10,43
Die Naam van Jesus Christus verteenwoordig (let wel nie vervang nie) sy bloed gestort aan die kruis vir jou en my sonde.
En ons weet dat die Seun van God gekom het, en ons verstand gegee het om die ware God te ken, en ons is in die ware God, in sy Seun Jesus Christus, Hy (Jesus) is die ware God en die ewige lewe. My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen. 1Joh5,20
Daar is baie wat dink dat hulle hemel toe sal gaan sonder om Jesus as hul persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar. Kom ons ondersoek wat dit behels om in Jesus te glo.
VERKONDIG-1Korinthiers1,21,Want aangesien in die wysheid van God die wêreld deur die wysheid God nie geken het nie, (1Joh5,20)het dit God behaag om deur die dwaasheid van die prediking die wat glo te red.
Markus16,15&16 En Hy (Jesus) het vir hulle gesê; Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.
WEG-Jesus sê,Johannes14,6 Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Johannes10,9 Ek is die deur, as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind
GLO-Johannes3,16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Johannes6,47 Voorwaar, voorwaar Ek (Jesus) sê vir julle, wie in My glo het die ewige lewe.
Galásiérs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;
AANNEEM –Johannes1,11&12 Hy (Jesus) het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam (Jesus) glo.
Handelinge4,12 En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander
Naam (Jesus) onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.
BEKERING EN DOOP- Handelinge2,38 En Petrus sê vir hulle; Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Handelinge19,5 En toe hulle dit hoor is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Beklee- Galásiërs3,26-27 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus, want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Matthéüs22,11-14En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ʼn bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ʼn bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van tande. Want baie is geroep maar min uitverkies. WEDERGEBOORTE- Johannes3,3,5Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Titus3,5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees.
Liefde-Galasiérs5,14 Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Heiligmaking-1Petrus1,15-Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet jul ook in julle hele lewenswandel heilig word.
Baie wil nie vir Jesus as die enigste weg aanvaar nie en is vasbeslote om ‘n ander pad te vind. Maar Jesus Self waarsku ons dat daar geen ander pad bestaan nie, en dat die weiering om hierdie waarheid te aanvaar na die veroordeling lei. Hy sê duidelik vir ons: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom” (Johannes 3:36).
Sommige sal argumenteer dat dit uiters bekrompe van God is om slegs een pad na die hemel te voorsien. Maar in werklikheid, in die lig van die mens se rebelse verwerping van God, is dit uiters ruimhartig van Hom om aan ons enige pad hemel toe te gee. Ons verdien veroordeling, maar pleks daarvan bied Hy aan ons uitkomkans deur Sy eniggebore Seun te gee om vir ons sonde te sterf. Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom (Jesus) glo, nie verlore mag gaan nie maar die ewige lewe kan hê.John3,16 Hetsy mens dit sien as bekrompe of ruimhartig, dit is die waarheid, en Christene moet die duidelike, onbesoedelde boodskap dat die enigste weg na die hemel deur Jesus Christus is, handhaaf. Efésiêrs4,5 leer vir ons, een Here (die Here Jesus Christus) een geloof ( die geloof in die Here Jesus Christus om die ewige lewe deelagtig te word) een doop (die doop in die Naam van die Here Jesus Christus tot vergewing van ons sonde.
Baie mense vandag glo aan ‘n afgewaterde evangelie wat wegdoen met die boodskap dat jy berou moet hê oor jou sonde. Hulle wil glo in ‘n liefdevolle, nie-veroordelende God wat geen berou of verandering in hulle lewenstyl verwag nie. Hulle mag dinge sê soos, “Ek glo in Jesus Christus, maar my God is nie veroordelend nie. My God sal niemand hel toe laat gaan nie.” As ons bely dat ons Christene is, moet ons Christus erken vir wat Hy sê Hy is—die een en enigste weg na die hemel. Om dit te ontken, is om Jesus Self te verloën, want dit is Hy wat verklaar het;
Johannes8,23-24 En Hy (Jesus) sê vir hulle: Julle is van benede, Ek is van bo: julle is uit hierdie wêreld, Ek is nie uit hierdie wêreld nie. Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe: want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe.
Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” (Johannes 14:6).
Die vraag is steeds: wie sal werklik God se koninkryk binnegaan? Hoe kan ek my ewige bestemming waarborg? Die antwoorde op hierdie vrae sien ons in die duidelik afgebakende onderskeid tussen die wat die ewige lewe het en die wat dit nie het nie. “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Johannes 5:12). Die wat in Christus glo, wat Sy offer as betaling vir hulle sonde aanvaar het, en wat Hom in gehoorsaamheid volg, sal die ewigheid in die hemel deurbring. Die wat Hom verwerp sal nie. “Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam (Jesus) van die eniggebore Seun van God nie” (Johannes 3:18).
So ontsagwekkend soos die hemel sal wees vir die wat Jesus Christus as Verlosser gekies het, des te meer skrikwekkend sal die hel wees vir die wat Hom verwerp het. Ons boodskap aan die verlorenes sal met groter dringendheid verkondig word as ons kan begryp wat die heiligheid en geregtigheid van God kan doen aan die wat die volledige gawe van vergifnis wat in Sy Seun Jesus Christus is, verwerp het. ’n Mens kan nie die Bybel met erns lees sonder om dit weer en weer te sien nie—die streep is getrek. Die Bybel is baie duidelik hieroor dat daar een en net een weg alleen is na die hemel—deur Jesus Christus. Galásiërs3,29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Hy gee aan ons hierdie waarskuwing: “Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Mattheus 7:13-14).
Daar is net een pad na die hemel en die wat dit volg is gewaarborg om daar uit te kom. Maar nie almal volg die pad nie.
11Thessalonicense3,2 en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie.
Maar God sy dank, wat ons altyd laat triomfeer in Christus, en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 2 Korinthiërs 2,14 Amen.