Boekedag 2012: Reney Warrington kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek wil Kate Kane wees! Oftewel, oftewel DC Comics se nuwe, beter en “overhauled” Batwoman!

Komaan, wie wil nie ’n superheld wees nie? Stel jou voor wat jy alles met daardie roekelose taxi wat jou nou net amper van die pad af gedruk het, kan doen. Eers laat jy almal uitklim, dan lig jy die bussie op, ruk die wiele af en sit dit so neer op die sypaadjie. Die drywer hol weg as jy jou oë rooi maak ... (Ja, jy kan seker ’n goeie daad of twee ook verrig, as die kameras rol.)

Kate Kane het ’n baie “cool” naam. Om nie eers te praat van die sexy leer/rubber-uitrustings wat sy durf aantrek nie. Ek skat as ek so by die plaaslike Mugg & Bean opdaag vir ontbyt, sou mense saggies hul kinders naderroep, oor koerante staar, my skelm afneem en my op Facebook rapporteer.

Kate kan wie ook al haar kwaad maak, sommer ’n lekker oorveeg gee, selfs skop waar dit seermaak, sonder om dit aan die gawe offisiere by die Parkview-polisiestasie te moet verduidelik.

Kate is ook ’n duistere, komplekse figuur met ’n interessante geskiedenis, wat haar karakter baie aanloklik maak. My familiedrama is nou wel kleurvol en ek kan op ’n slegte dag erg befoeterd wees, maar my oom is nog steeds nie Batman nie! (Wel, hy dink met tye so, maar dan sit ons hom terug op sy pille.)

Kate Kane se karakter máák boonop geskiedenis. Sy is die eerste DC Comics-karakter wat ten volle uit die spreekwoordelike kas uit is. Ja, sy “dig chicks” en sy is trots daarop!

Reney Warrington is ’n Joburg-fotograaf en -skrywer. Haar debuutroman, Oktober, het so pas verskyn. Sy werk aan haar tweede solo-uitstalling. Lees haar LitNet-blog hier. 

Koop nou Batwoman by Kalahari.net!

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top