Boekedag 2012: Francois Verster kies ’n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Tarzan, want hy het alles: koning van die oerwoud, lord in die beskawing, ongelooflik in elke opsig, die aantreklike held wat nie eens voor die mooiste vrou swig nie (behalwe sy Jane), wat elke ónmoontlike milieu beleef en triomfeer, en al is dit voorspelbaar, soos James Bond-stories, altyd ’n goeie einde, is dit nie wat mens sou kies as jy kon nie? Dus die über van überhelde; verbeeldingsvrug van ER Burrows, wat elke ander fiksieskrywer voorgespring het om ’n karakter te skep wat skaars oortref kan word - Conan is bloot te brutaal en Superman is te goed, en oorwin nie die mens se primordiale vrese wat steeds in die natuur gesetel is nie, en as hy moeg is daarvan, kan Tarzan die beste van wat die beskawing bied, ook gaan geniet. Tarzan het die fisieke talente van ’n mitiese kryger, maar die styl en finesse van ’n adellike: nee wat, steeds Numero Uno in my boek (of fliek)!

Francois Verster is argivaris/historikus/leser/skrywer/skilder. Een van sy kortverhale is opgeneem in Grensoorlogstories, wat tans op die rak is. Lees Francois se resensie van Opinion Pieces by South African Thought Leaders hier.

 

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top