Boekedag 2012: Fanie Viljoen kies ’n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek sou moeilik kies tussen Aragorn, Gandalf en Gollum van The Lord of the Rings. Maar miskien sal dit Aragorn wees vir sy vasberadenheid, heldhaftigheid en moed in donker tye. Dis iets om na te streef.  Ek sou my ook verlekker in Tom Sawyer se streke, of ’n pel wou wees vir Holden Caulfield van The Catcher in the Rye – die arme ou skepsel!

Fanie Viljoen is ’n kinder- en jeugboekskrywer. Sy boek Betower, die naaswenner in die Lapa-jeugromankompetisie, het onlangs verskyn. Lees ’n resensie wat oor een van sy boeke verskyn het.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top