Boekedag 2012: Douwleen Bredenhann kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Ek sou vir seker Zan in Etienne van Heerden se 30 Nagte in Amsterdam wou wees, omdat sy so ver verwyder is van die konvensionele beeld van ’n deugsame, Afrikaanse vrou. Zan se rykgeskakeerde karakter boei my geweldig. Haar vreesloosheid om te doen wat sy moet doen, haar oortuiging van die saak waaraan sy haar wou toewy. Die gladheid en sekerheid waarmee sy inglip in die verskillende wêrelde waarvan sy deel raak. Die toffie wat sy in die proses vir die wêreld wys. As sy op haar sterfbed ’n terugblik op haar lewe gegun sou word, sal dit ’n lánge moet wees!

Douwleen Bredenhann is die skrywer van ’n Hemelhoë hekkieBloedwater en kortverhale wat in die bundels Blou MaandagGrensoorlogstories en Boereoorlogstories 2 opgeneem is. Lees ’n resensie van Blou Maandag hier.

 

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top