Boekedag 2012: Carié Maas kies 'n karakter

  • 0

As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

My eerste keuse is Pippie Langkous, vanweë haar onblusbare lewensvreugde en kontrêriegeit, en as ek dan speel-speel weer kind kan wees, hoekom nie sommer ook ’n man nie: Estienne Barbier van André P Brink in Inteendeel, om baie dieselfde redes. Ook hy is lewensgroot, ’n liegbek en renegaat, en daarby ’n heethoof, vermetel en ’n hoereerder – alles waarvan ’n mens in die regte lewe sou kon terugdeins. Sy droom om by iets groots betrokke te wees, om die onbekende binne te dring, om onvermoeid te bly soek na wat ánderkant lê: “Anderkant al wat naam is.”

Carié Maas was die wenner in die debuutkategorie van NB-Uitgewers se GAR. Lees Bibi Slippers se onderhoude met Carié en die ander wenners hier.

Keer terug na die boekedag-indeksblad.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top