Klik bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!
|
Titel: Raaiselspieël Vet Frieda Ferreira het geen benul waarom die vermaarde professor Victor Ferreira agt jaar gelede met haar getrou het nie. Ook nie of die beelde wat sy van kleins af sien en die stemme wat sy hoor, beteken sy is psigies of psigoties nie. Frieda het egter ? meer onmiddellike probleem. Sy moet haar pa se moord oplos, al sit daar reeds ? man agter tralies daarvoor. Nie omdat sy wil nie, maar omdat haar pa daarop aandring. Van agter die doodsgordyn. En Nils van der Sluijs, die befoeterde Belg wat ryk en beroemd geraak het danksy sy vetvrouskilderye, laat ook in die dood nie vir hom nee sê nie. Stas Stassen is die man wat Frieda moet help om haar pa se biografie te skryf. Hy is nie seker of Frieda ? skisofreen is of net ? ander soort nutcase nie, maar hy glo beslis nie sy is, soos sy beweer, heldersiende nie. Anders sou sy immers geweet het hy stel meer daarin belang om haar hovaardige man terug te betaal as in die vetvrouskilder se doen en late. Nils se lewensverhaal lewer egter ? paar verrassings op, onder meer in die vorm van ? paar spesiale skilderye, en kort voor lank is Stas meer betrokke as wat heilsaam is en Frieda is haar lewe nie meer seker nie. Frieda gebruik spieëls om die dooie man te ‘sien’.
|
|
|
Titel: Legkaart van jou gesig Wat Riaan Cruywagen sê: “Ek is spyt dat dié fisionomie-oefening nie jare gelede al gedoen is nie, want dit sou ongetwyfeld waardevolle stukrag aan my uitsaailoopbaan verleen het.” Dit is treffende woorde komende van een van Suid-Afrika se uitsaaikonings en is presies waarin Marthie Maré spesialiseer. Fisionomie help die praktisyn om vriende, kennisse, kollegas, sakevennote, kliënte en hulle kinders beter te verstaan. Maré is van die eerste voltydse praktiserende fisionome in Suid-Afrika. Sy het in haar beroepslewe meestal gewerk in die vermaaklikheid-, gasvryheid-, verkope en bemarkingsvelde. Hier het sy haar talent geslyp en vandag gebruik sy fisionomie om kliënte te help verstaan dat effektiewe kommunikasie van kardinale belang is om goeie verhoudings te smee. Legkaart van jou gesig bied ’n inleiding tot fisionomie (’n studie van die gesig) wat die teorie agter elke gelaatstrek verduidelik. Dit geld vir alle Suid-Afrikaners. Also available in English as Your face puzzle (ISBN: 978-0-7993-6435-4). Klik hier en koop jou eksemplaar van Legkaart van jou gesig nou van Kalahari.com!
|
|
|
Titel: Dierehotel 1: Alle diere welkom! Die tweeling Petro en Altus kan nie glo hulle gaan in hulle tante se hotel bly nie. Die Diamond-hotel lyk nou wel oud en afgeleef – maar daar wag sommer hope verrassings op hulle! Die hotel is vol ou kamers en daar is ’n daktuin en selfs ’n hysbak. Daar is ook een GROOT probleem – daar is geen gaste nie. Maar toe Petro en Altus aanbied om na hul nuwe buurman se hondjie te kyk, gee die woelige, wollerige bondeltjie hulle ’n fantastiese idee. Hulle gaan hul nuwe tuiste in ’n ongelooflike hotel verander ... spesiaal vir diere! En hulle kan nie wag om die eerste besoekers in die splinternuwe hotel te verwelkom nie. Die gewilde Pet Hotel-reeks is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar! Jong diereliefhebbers sal versot wees op die tweeling se avonture in die Dierehotel. In elke boek maak daar ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die hotel – en dit sorg vir hope opwinding. ’n Prettige, snaakse nuwe reeks vol oulike troeteldiere en lawwe avonture!
|
|
|
Titel: Dierehotel 2: ’n Groot verrassing Die volgende kuiergas by die Dierehotel is ’n gestreepte grys kat genaamd Matilda. Maar Petro en Altus is bekommerd, want Matilda wil glad nie speel nie – sy wil net die heeltyd wegkruip en slaap. Wat op dees aarde is fout met haar? Intussen maak Elvis die kokketiel moeilikheid tydens sy kuiertjie. Hy gaps die heeltyd kos uit die kombuis, en hy wil Matilda nie met rus laat nie. Is hy net stout, of weet hy dalk iets wat Petro en Altus nie weet nie? |
|
|
Titel: Dierehotel 3: Snuf in die neus Die tweeling Petro en Altus het ’n rukkie gelede met ’n briljante plan vorendag gekom. Hulle het hul tante se afgeleefde hotel in ’n spesiale hotel vir diere omskep. Almal is verras om te sien hoe fluks die Dierehotel deesdae sake doen. Petro en Altus het hope troeteldiere om op te pas – katte, honde, konyne, marmotte en voëls. Maar toe ’n afgetrede polisiehond genaamd Watson kom inloer, snuffel hy allerlei moeilikheid uit. Kan Petro en Altus met sy hulp die Dierehotel se heel eerste geheimsinnige raaisel oplos? |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Braaigeregte Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Braaigeregte nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Heerlike Bygeregte Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Heerlike Bygeregte nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Pastageregte Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Pastageregte nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Vleisgeregte Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Vleisgeregte nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Vegetariese geregte Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Vegetariese geregte nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Lekker en Vinnig 2: Slaaie Klik hier en koop jou eksemplaar van Lekker en Vinnig 2: Slaaie nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Le Fleur se hartebreker Klik hier en koop jou eksemplaar van Le Fleur se hartebreker nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Luca se obsessie Klik hier en koop jou eksemplaar van Luca se obsessie nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Liefste Amelia Klik hier en koop jou eksemplaar van Liefste Amelia nou van Kalahari.com! |
|
|
Titel: Maya en die operaster Klik hier en koop jou eksemplaar van Maya en die operaster einde nou van Kalahari.com! |
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.
















