Agt Dae in September was 'n Sondagskoolpiekniek

  • 0

Frank Chikane skryf op p146 van "Agt Dae In September":

"...the events that culminated in the removal of Mbeki during that week in September brought us very close to a disaster of a magnitude that cannot even be imagined."

Die verdelende opvolgvuur wat binne die ANC-alliansie brand, woed in 2012 nog veel feller. 

Stem saam met Chikane: die gevolge is so erg vir reenboognasie en eenheidstaat, dat dit nie verbeel kan word nie.

Dis besig om weer te gebeur. Wou die waarnemende polisiehoof bedank of nie? Het Mdluli beheer oor die kabinetslede se veiligheidswagte oorgeneem? Gaan Tokyo Sexwale, ook 'n Pedi soos Motlanthe, Malema en Phosa, vir Mdluli dagvaar oor sy staatsgreepaantygings?

Een ding is doodseker: Nommer Een, dit is staatspresident Jacob Zuma, mag volgens die grondwet nog 'n tweede termyn as staatspresident dien, en dis wat hy gaan doen, kom hel of hoogwater.

Zuma is nie Mbeki nie, en die ANC se interne verdeeldheid het nou na die Suid-Afrikaanse Polisie oorgespoel.

Rampspoed is op pad, want burgeroorlog broei. Lesers is gewaarsku, deur Frank Chikane.

Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top