"40ste Verjaarsdag Partytjie (Die Boere Blues)" deur Tswai Pieterse

  • 0

40ste Verjaarsdag Partytjie (Die Boere Blues)

Dis ? 40ste verjaarsdag partytjie in die kontrei
en almal het van ver af gery
Almal was genooi en almal was daar
gekom om te bly

Die gasheer self is baie populêr
Hy het baie plase en die dames kom van heinde en ver
Want die huwelik wankel en dit veral
laat die meisies se oë sprankel

Die gasvrou is vuur en vlam
Reeds gesoen op die wang
deur 'n omie of twee
Wou net geluk sê
met die suksesvolle partytjie van haar man

REFREIN:
Almal is gelukkig
die lewe is 'n lied
Een hul dans en hul dans
op musiek met ? beat

Die vroutjies raak nou moeg
Die mans gesels nog by die kroeg
Die gesels raak nie op nie
en so ook nie die dop nie

"Het jy gehoor van ant Susan?".
"Dis verskriklik, wil jy nou meer"
"Ssshhhh"
"Hoekom?"
"Jy staan langs haar man"

Sy is baie gewild
maar hul beweer dis haar eie skuld
Want die halslyn is maar laag
en sy het belly ring in haar maag

REFREIN

BRUG:
"Speech, speech"
"Hy lyk vir my so baie na tant Koek se Hoenderhaan
hy lyk vir my so baie na tant Koek se Hoenderhaan”

Die tieners is verveeld
die tieners maak amok
Party sit ? handjie by
en ander voel ? veer

Daar’s ? omie by die bar
Hy sê die lewe druk en hy kry maar swaar
Sou graag wou hê die wiel moet draai
Maar ag wat, "die meishiekies, die meishiekies lyk al te fraai"

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top