"37 grade Celsius" deur Nadia Lia Smit

  • 0

37 grade Celsius

Dis ’n lang nag wat nog voorlê,
En die donker sluk my in.
Daar is so baie wat ek nog vir jou moet sê,
Maar ek weet nie waar om te begin.

Al klop jou hart nou flouer,
En jou oë gaan stadiger oop,
Is daar een ding wat dieselfde bly,
En dit gee my weer ’n bietjie hoop

Koor

37 grade Celsius is wat ek teen my voel,
37 grade Celsius al is die kamer om ons koel.
Ek sal by jou sit tot jy wakker raak
Of jy my hand nie meer kan voel,
Want al is dit moeilik en al weet ek wat kom
Ek weet jy is vir my bedoel.

Hoe onthou ek wat jy eers was,
As jy nou so broos hier teen my lê?
Daar’s so baie wat jy nog wil doen
en so baie wat jy wou hê.

Wat sê ek vir ons vriende,
As hulle vra of ek nog hou,
Ek is seker oukei, terwyl ek by jou kan bly
Solank jy weet ek’s lief vir jou!

Koor

37 grade Celsius is wat ek teen my voel,
37 grade Celsius al is die kamer om ons koel.
Ek sal by jou sit tot jy wakker raak
Of jy my hand nie meer kan voel,
Want al is dit moeilik en al weet ek wat kom
Ek weet jy is vir my bedoel.

Al wonder ek soms of jy my regtig kan hoor,
En of jy êrens ons herinneringe stoor,
Weet ek jy het my ook lief soos ek vir jou.
Die oomblik sal kom wanneer ek jou moet groet,
Ons tye saam was bittersoet,
Maar vir nou is …

Koor

37 grade Celsius is wat ek teen my voel,
37 grade Celsius al is die kamer om ons koel.
Ek sal by jou sit tot jy wakker raak
Of jy my hand nie meer kan voel,
Want al is dit moeilik en al weet ek wat kom
Ek weet jy is vir my bedoel.

37 grade Celsius is wat ek teen my voel,
37 grade Celsius al is die kamer om ons koel.
Ek sal by jou sit tot jy wakker raak
Of jy my hand nie meer kan voel,
Want al is dit moeilik en al weet ek wat kom
Ek weet jy is vir my bedoel.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top