30 jaar se L’Atelier-nalatenskap van beeldende kunste by ABSA KKNK 2015 te sien

  • 0

Daar wag iets spesiaals vir liefhebbers van Suid-Afrikaanse beeldende kunste by Suid-Afrika se voorste kuns- en kultuurfees, die Absa KKNK. Vanjaar se fees, wat van 3 tot 11 April in Oudtshoorn plaasvind, sluit ’n uitstalling in wat hulde bring aan die nalatenskap van Suid-Afrika se L’Atelier-kunskompetisie.

Om die 30ste herdenking van die L’Atelier-kunskompetisie te vier, bring Barclays al die vorige wenners van die L’Atelier- en Gerard Sekoto-toekennings in ’n aangrypende uitbeelding van kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns bymekaar.

“Baie van die ontvangers van die L’Atelier-toekenning en Gerard Sekoto-toekenning vir die belowendste jong kunstenaar is plaaslik en internasionaal erkende kunstenaars wat ’n aanhang het en wie se werk uiters gesog is,” sê Paul Bayliss, Absa Kuns- en Museumkurator. “Elkeen van die ontvangers het vir hulself ’n unieke nis in die kunslandskap geskep en hierdie uitstalling stel dié individuele talent ten toon, hoe hulle ontwikkel het, en waar hulle hul vandag as kunstenaars bevind.

Hy voeg by: “Dit is vir ons ’n eer om al dié wonderlike kunstenaars vir die eerste keer ooit in ’n lewendige, opwindende uitstalling byeen te bring wat boekdele spreek van hulle sukses as kunstenaars, en ons prestasies as ’n land.”

Suid-Afrika het ’n trotse nalatenskap van beeldende kunste, en is bekend daarvoor dat hy kunstenaars van hoogstaande gehalte oplewer wat deur ons land in volle diversiteit geïnspireer word.

Die nou Barclays Afrika Groep is die afgelope 30 jaar deel van dié nalatenskap, beide as ’n beskermheer van plaaslike kunstenaars en as ’n kweekhuis vir die kunste, wat die groei en ontwikkeling van die land se jong kunstalent koester.

An affordable gentleman deur Stephen Rosin

Arborescent Geometry IV deur Stefanus Rademeyer

Nosedive deur Isabel Mertz

To the Bay I deur Pierre Fouché

Untitled (vertical figure 3) deur Marco Cianfanelli

Foto's voorsien

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top