Rapport se peiling oor hoe lesers (merendeels bruin en blankes), 27 April aangewend het, was daar ‘n deurgaanse onbelangstelling onder hulle mbt die rede vir hierdie vakansiedag.
Op TV-Beeld-material oor die feesvieringe by die Unie-geboue, het ek nie ‘n enkele blanke gesig gesien, behalwe vir diegene wat eerbetonings van die President ontvang het nie, wie verplig was vir die rede om daar te wees.
Solank rasgedrewe werkreservering op die wetboek gewettig bly, gaan daar geen rede wees om 27 April te vier nie. Die rasse wat direk diskriminasie ondervind in die werkplek, is mos dan nie volkome “vry” nie
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Jy tik: "Solank rasgedrewe werkreservering op die wetboek gewettig bly, gaan daar geen rede wees om 27 April te vier nie" (sic).
Nou ja Jaco, volgens selfs jou ook, het ons wit Afrikaners, geen rede om saam met die meerderheid in ons sogenaamde wonderlike demokrasie fees te vier nie.
Tog is jy voorop die toilet se rand om 'n kat te skiet as iemand dit waag om in hul troue Voortrekkernatuur, elders wil gaan woon; daar waar hulle in 'n beskawing genoeg gerespekteer word om selfs 'n werk gegun te word.
Verwag jy regtig dat enigeen wat uit die onderdrukking van regstellende aksie en swart bemagtiging kan ontsnap, eerder hier as 'n gek aan die een of ander korpokrasie se nasie moet bou?
Moet ons bloei totdat ons net te bly kan wees ons lewe, en dan saam met al Mzansi se tsotsies begin feesvier?
Ek sien uit na jou al redes Jaco - jy moet gewis 'n diep gelowige in die demokrasie wees.
Boeregroete,
Cornelius
Cornelius.
Die verskil tussen jou en ek, is 'n verskil in klem waar ons prioriteite lê, mbt die Afrikaner.
Buite S.A. en Namibia sterf die konsep van 'n Afrikaanse taal, volk en kultuur mettertyd. Dis 'n gegewe dat Afrikaners wat in die buiteland verhuis het, gaan vorentoe deur hulle gaslande se taal en kultuur geabsorbeer word, en is daar dan geen sprake van Afrikaners daar meer nie. Of kan jy weerlê wat ek nou net gesê het?
My benadering mbt die Afrikaner is pragmaties, Jou benadering is gebaseer op die skim van die verre verlede van meer as 100 gelede, nie eers op die onlangse verlede voor 1994 nie.
Vir my het 'n nuwe Afrikanerskap begin vanaf datum dat die WVK (Waarheids & Versoeningskommisie) sy werksaamhede afgehandel het, die datum dat die betrokke partye (wat die ANC insluit), ooreengekom dat die Afrikaner se gros foute van die verlede vir die huidige geslag en geslagte vorentoe skoongevee is. Die ANC het sederdien op hierdie ooreenkoms "geback pedal", suiwer ten doel om moontlike afvalliges onder hulle geledere in die ANC kraal te behou. Ander swart politieke partye het nie dieselfde venyn teenoor Afrikaners nie.
Pragmatiese gesien, al sou die ANC wil toegee, is dit logisties onmoontlik om enige eie tuisland grondgebied vir die Afrikaner te kan bekom. Daar is nie 'n kolletjie gebied in hierdie land binne 'n deursnee sirkel van 20km waar die blanke Afrikaner 'n meerderheid vorm nie, en om anderskleuriges te probeer verskuif om 'n meerderheidsgebied te bekom, is eenvoudig net onmoontlik, selfs met ANC ondersteuning en betrokkenheid.
Afrikaners se heil lê daarin om geheel en al met anderskleuriges polities en ekonomies geïntegreed te wil wees, en die MEERDERHEID Afrikaners besef dit al te goed, die dat die VF+ en Afrikaner-gekkegrensers nie trek onder Afrikaners meer ondervind nie. Afrikaners wil eerder met 'n multi-nasionale party soos die DA en hulle anderskleurige parlementêre bondgenote vereenselwig eerder as die suiwer Afrikaner VF+ om die anti-Afrikaner-ANC mettertyd as regering te vervang. Sosiaal en kultuurgewys, blyk dit dat die Afrikaner vir die toekoms vorentoe steeds sy eie ding onafhanklik van die ander kulture gaan doen. AfriForum word by die dag sterker soos Afrikaner steun toeneem, 'n burgergroep wat na Afrikanerbelange omsien, en daadwerkliks ten belang van die Afrikaner optree, dis die dat ek mede-Afrikaners aanmoedig om ingeskrewe-lid van die organisasie te word.
Jaco Fourie