25 Desember

  • 5

Die ganse Christendom vier die 25ste Desember as die geboortedag van Jesus, blykbaar onbewus van die feit dat hierdie dag begin belangrik raak het in die diepe verlede as die geboortedag van die songod. Dit was ook deur die Pagane gevier as die geboortedag van hul gode, nes soos die Christene dit vandag nog vier. Gode soos Bacchus van Egipte, Bacchus van Griekeland, Adonis van Griekeland, Chrishna van Indië, Chang-Ti van Sjina, Chris van Chaldea, Mithra van Persië, Sakia van India en Jao Wapaul van antieke Engeland.

Die dag was van baie diep in die verlede gemerk as die geboortedag van gode, seuns van gode, redders, messiasse ens. Van baie lank voor die Christene Konstantyn se Jesus begin aanbid het.

My vraag is, hoe akkuraat is die Christene met hierdie dag? Volgens ‘n gerespekteerde Christelike navorser Goodrich, History of all Nations, bl 23 het die Christene geen van hul gebeurtenisse opgeteken vir etlike eeue van die geskatte ontstaan van hul geloof nie. Jesus is eers in die jaar 325 deur Konstantyn as ‘n god verklaar. Sy geboorte en alles wat met sy lewe te doen het is dus nie opgetekene geskiedenis nie, maar eerder skattings en raaiskote. Kennedy het in Scripture Chronology gesê dat verskillende Christelike skrywers verskil 3500 jaar vir die verskillende Bybelgebeure. Dis baie vaag. Die Encyclopedia Britannica  sê dat Christene 133 verskillende jare aangee as die jaar waarin Jesus gebore was. So gerespekteerde Christelike navorsers verskil met 133 jaar.

As ‘n getuie in die hof staan en getuig van ‘n gebeurtenis, maar hy kan nie die dag van die maand, nie eens die maand van die jaar, nie eens die eeu van die beweerde gebeurtenis staaf nie, dan gaan ek wonder of dit gebeur het.

Die beweerde bonatuurlike gebeure sou beslis enorme aandag getrek het en groot opslae gemaak het, dinge soos ‘n maagdelike geboorte, die duisternis by sy dood, sy opstanding, die opstanding van ander saam met hom. Hulle is na bewering deur ander mense gesien. Toe hy ‘n baba was het die wrede Herodes ‘n onbekende aantal babas laat vermoor om hom dood te maak. Hy het opgevaar na die hemel, dis alles enorme gebeure wat wêreldwyd aandag sou trek. Maar hoekom het slegs Konstantyn se naamlose skrywers van die evangelies daaroor geskryf?

Michael Paulkovich is ‘n gerespekteerde navorser van geskiedenis. Hy het die werke van 126 historici uit daardie tyd bestudeer om  te lees wat hulle oor Jesus gesê het. Hulle het NIKS  gesê nie. Hulle het geleef toe al hierdie wonderwerke gedoen was en al hierdie ongelooflike gebeure plaasgevind het, maar nie een van hulle het ‘n woord daaroor gerep nie. Ek begin die dinge wat die Romeins-Griekse kerk gesê het in ‘n ander lig sien. Ek voel hier is iets aan die gang wat duister is.

Al wat ek kan aanvaar oor die 25 ste Desember, is dat dit beskou was as die geboortedag van die songod (winter solstice) en daarvandaan as die geboortedag van verskeie gode ens  gereken is sonder dat enige Christen, vandag of diep in die verlede dit enigsins bevraagteken het.

Ek het op ‘n dag ‘n voorlegging gesien dat die Christelike geloof ‘n voortsetting is van sonaanbidding. Dalk moet ek weer daarna kyk.

Weereens, laat elke mens self kyk en self besluit. Jy alleen gaan voor jou Skepper staan om jou lewe te verduidelik.

Duitswester

 

 

  • 5

Kommentaar

  • Beste Duitswester,
    Die volgende mag dalk vir jou interessant wees:
    Op advies van Sosigenes van Alexandria, nadat hy deur Julius Caesar geraadpleeg is, is die Juliaanse Kalender in 45 vC ingestel. (Toe dié kalender ingestel is, het dié spesifieke jaar nog nie bekend gestaan as 45 vC nie. Dit is eers later deur geskiedskrywers bereken dat dit in dáárdie jaar moes plaasgevind het.)
    Die kalender, wat as die Juliaanse Kalender bekend sou staan, het 365 dae gehad met ’n skrikkeldag elke vierde jaar, dws dit het voorsiening gemaak vir ’n jaar met ’n gemiddelde lengte van presies 365¼ dae. Die jaar het ook op 25 Maart begin en het net 10 maande gehad met 36 of 37 dae elk. Daar was aanvanklik nie voorsiening gemaak vir jaartellings vir die onderskeie omwentelinge om die son nie. Dié kalender staan tans bekend as “Old Style”.
    Die stelsel van jaartellings is deur Exiguus aanbeveel. Hy het bereken dat Maria op 25 Maart, 527 jaar vantevore, deur die Heilige Gees bevrug is, waarvan die gevolg was dat Christus 9 maande later op 25 Desember van daardie jaar gebore is. Daardie jaar (dis nou die jaar waarin Christus volgens Exiguus gebore is), is toe deur hom die jaartelling van 1 nC toegeken, want die getal ‘0’ was op daardie stadium aan die Romeine onbekend. Ander jaartellings wat gevolg het, is bepaal deur vorentoe en agtertoe te tel.
    Groete
    Panda

  • Dankie Panda,

    Ek is nie seker watter almanak dit nie, ek sal later dieper daarna kyk, maar tydens die gebruik daarvan het die son vir 'n tyd in die konstellasie Virgo opgekom.

    Die songod was dus "uit 'n maagd gebore" Ek reken dit was die oorsprong van die mite dat gode uit maagde gebore was.

    Groete
    Duitswester

  • Beste Suidwester,
    Die son kom elke jaar van 17 September tot 31 Oktober saam met die konstellasie Virgo op.
    Groete
    Panda

  • Laetitia Pretorius

    Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal ek tot niet maak. Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie? 1 Kor 1v19 -20.
    Beste Panda, moenie probeer om God, die Skepper van die hemel en die aarde probeer peil nie, want jy as mens is nie in staat om dit te doen nie.
    Die woord leer ons dat salig is die mens wat nie sien nie maar steeds glo. Vrede vir jou

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top