Waar was jy
Toe die aarde neergelê is?
Waar was jy
Toe die hemel breed gespan is?
Waar was jy
Toe die see opgedam is?
Waar was jy?
Waar was jy?
Refrein:
Hoe kan jy dan maak of jy die antwoord ken?
En maak of jy die een is met meer wysheid en verstand
As die res van ons
Wat die waarheid glo
En weet dis so
Al was ons ook nie daar nie
Waar was jy
Toe die rëenboog geplant is?
Waar was jy
Toe die wolke afgeweeg is?
Waar was jy
Toe donderweer gevuur is?
Waar was jy?
Waar was jy?
Refrein:
Hoe kan jy dan maak of jy die antwoord ken?
En maak of jy die een is met meer wysheid en verstand
as die res van ons
Wat die waarheid glo
En weet dis so
Al was ons ook nie daar nie
Brug:
Noodlot is nie die antwoord nie
As toeval klop sal waarheid nie oopmaak nie
Dit alles het gebeur volgens plan en met 'n rede
Maar selfs ek en jy
Sal waansinnig bly
Tot ons weet waar's Hy
In die soek na rus en vrede
Refrein:
Hoe kan jy dan maak of jy die antwoord ken?
En maak of jy die een is met meer wysheid en verstand
as die res van ons
Wat die waarheid glo
En weet dis so
Al was ons ook nie daar nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.