Geskryf vir: Straatligkinders
In die stilte
In die nag
In vroeë oggend wag
Skilder vir my met jou woorde
Bring terug my hart se punt
Die verlore gedig
Speel dit uit in akkoorde
Vat my tot die einde van die aarde
Die begin van die maan
Bring die verlore gedig
Sing dit sag
Speel dit hard
My hartsberig
Vat my terug na die ou papier
Wat waai deur die wentelbane
Van my gedagtes
Die verlore gedig
Teken vir my ’n prentjie met jou woorde
Sit dit om in akkoorde
Sing dit sag in my oor
Dat almal dit hoor
En vat my weg
Na die donker woud
Die sneeu top berge
Die groen oop vlaktes
Bring terug my hart se punt
Bring terug my verlore gedig

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

