"Verlangende Geraamte" deur Stefan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

'n Lang pad wat voorlê
'n Lang pad na n gebreekte hart
Ons lang pad in 'n oomblik
Ons lang pad wat ek graag weer wil vat

Dis omstandighede wat sê ons moet skei
En dis die paaie wat nog niks sin maak nie
Maar ek weet jy sal my vriend nog bly
Want beste tye sal ons nooit laat gaan nie

Met ons verlang, lang, langende geraamtes
Wat ons binne vashou wat my heg aan jou
My verlang, lang, langende geraamte
Wat my hoop gee vir die vrees wat ons aan mekaar vashou
En as ek breek, geen problem, sal jy daar wees
Soos gips en kalsium, gips en kalsium

'n Vêr pad na liefde
'n Vêr pad om in te leer en in te groei
Daai vêr pad tot sukses
Ek weet ons kan dit doen dag vir dag vorentoe jy het al begin te loop

Met ons verlang, lang, langende geraamtes
Wat ons binne vashou wat my heg aan jou
My verlang, lang, langende geraamte
Wat my hoop gee vir die vrees wat ons aan mekaar vashou
En as ek breek, geen problem, sal jy daar wees
Soos gips en kalsium, gips en kalsium

Maar in my verlange sit daar 'n hart wat joune is
En in my geraamte is daar nog lewe wat bewerig nader bewe
My verlangende geraamte
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top