"Verdwaal hemel toe" deur Stefan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Paadjies maak jou kyk, links en regs links en regs
Hul maak jou so benoud, links of regs links of regs
Watter kant om te vat maak jou oë toe kies n kant
Langs jou gryp n hand al jou keuses slat aan die brand

Ek wil net verdwaal hemel toe
En verewig onder Liefde lewe
Soos 'n verlore skaap onder sterre
Ek wil graag verdwaal hemel toe
Ek wil verdwaal hemel toe

Antwoorde maak jou twyfel, verkeerd en reg verkeerd en reg
En vrae maak jou dink, verkeerd of reg verkeerd of reg
Jou eie ek gaan nie tel laat die Woord jou als vertel
Glo in Hom Hy is jou pel die Heilige sal jou reg in stel

Ek wil net verdwaal hemel toe
En verewig onder Liefde lewe
Soos n verlore skaap onder sterre
Ek wil graag verdwaal hemel toe
Ek wil verdwaal hemel toe

Die wêreld maak jou blind, goed en kwaad goed en kwaad
En sondes is altyd daarin ñ goeie hart, goed of kwaad goed of kwaad
Laat Liefde altyd wen Hy sal jou naam binne ken verdwaal na die rigting van Sy stem

Ek wil net verdwaal hemel toe
En verewig onder Liefde lewe
Soos 'n verlore skaap onder sterre
Ek wil graag verdwaal hemel toe
Ek wil verdwaal hemel toe

Soos 'n verlore skaap onder sterre
Is ek gelukkig oor ons Herder wat wag
Soos n verlore skaap onder sterre
Kan ek sien hoe die Hemel breed glimlag

Ek wil net verdwaal hemel toe
En verewig onder Liefde lewe
Soos 'n verlore skaap onder sterre
Ek wil graag verdwaal hemel toe
Ek wil verdwaal hemel toe
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top