Geskryf vir: Straatligkinders
Verbeel jouself lewendig
Grys is die wêreld. Grys is my hart en toe grys word my oë.
Vat vir jou ’n boks, sê hulle, en dan dink jy binne sy vier mure
Kies vir jou ’n enkele vermoë
Kwyn weg, my kind, kwyn weg
Bloei jou hart leeg sodat jy sal ophou om dit te veg
Skenk jou kop aan hierdie wêreld
Jou sonskynkind, jou vlinder in die vulkaan
Jou veldbrand, hulle sê dis tyd om te vergaan
Neem afskeid met ’n glimlag op jou gesig
Verwelkom jou perfekte grysheid, want perfeksie is nou jou enigste lig
Maar Einstein het gesê Einstein het geweet, jou verbeelding is relevant
Jou verbeelding red jou, dit sit jou aan die buitekant
Jou verbeelding dra die swaarder gewig
My kind, verbeel jouself weer lewendig
Hierdie grys sal jou nog insluk, gee dit net kans
Dis net te sistematies en te veel balans
Dis nie wat Hy wou hê nie
Liefde was nog nooit gekontroleer
So laat jou hart sonskyn bloei
Laat jou bloed vlam vat en laat dit daardie boks wegskroei
My kind, Einstein het gesê en Einstein het geweet

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

