Cornelia van der Berg

Cornelia van der Berg matrikuleer in 1990 aan Hoërskool Die Adelaar in Roodepoort en verwerf in 1994 ’n BBibl (Ed) aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1997 voltooi sy haar Inligtingskunde (Hons) cum laude ook aan die Randse Afrikaanse Universiteit en fokus op leesbelangstellings by hoërskoolleerders. Cornelia hou reeds die afgelope 28 jaar skool, waarvan sy die laaste 18 jaar Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) en Lewensoriëntering vir graad 12-leerders aanbied. Cornelia is reeds 18 jaar by Abbotts College, waarvan sy die afgelope 8 jaar die vakhoof vir Afrikaans by Abbotts College in Centurion is. Sy is betrokke by die ontwikkeling van werkboeke vir Afrikaans EAT en fokus op die ontwikkeling van globale vaardighede in die EAT-klas.

Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg

Jannike Bergh, Cornelia van der Berg Onderhoude 2025-04-17

"In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as 'reg' of 'verkeerd' beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink."

A conceptual lens on the use of the graphic novel in the First Additional Language classroom

Cornelia van der Berg Academic research 2025-02-20

"By employing multimodal texts, graphic novels simplify complex concepts, making them more accessible. This medium enables learners to explore social challenges and diverse cultural perspectives, leading to increased engagement and critical thinking."

’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas

Cornelia van der Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-20

"Hierdie multimodale medium kombineer teks en beeld, wat nie net literêre vaardighede bevorder nie, maar leerders ook toerus om komplekse sosiale en kulturele uitdagings met insig en empatie aan te pak."

The cultivation of global competencies in an Afrikaans First Additional Language textbook for grade 12 learners

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht Academic research 2023-02-15

"The contribution of this research lies in the new knowledge pertaining to textbooks and global skills in Afrikaans FAL methodology and may serve to alert practitioners and policy makers to reassess its continued use of an officially approved textbook."

Die ontwikkeling van globale vaardighede in ’n Afrikaans Eerste Addisionele Taal-handboek vir graad 12-leerders

Cornelia van der Berg, Alta Engelbrecht LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-02-15

"In hierdie artikel poog ons om eerstens vas te stel wat die KABV ten opsigte van die ontwikkeling van globale vaardighede vereis en hoe dit vervolgens in die vraestelle en ’n goedgekeurde KABV-handboek van Afrikaans EAT neerslag vind."

Top