"Tyd" deur Ruan Vassis

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinderss

Wie steel die tyd
Elke keer wanneer ek jou vashou
En die tyd hardloop onder ons uit
Ek sê vir jou my engel dis waar ek wil wees
Hier by jou
Als wat ek wil he lê in jou hart op gesluit
In die donker wolk wat oor my waak
Is jy die sonstraal wat die donker oop breek
My lig in die donker
My engel ek wil net hier by jou bly
Ons tyd hardloop uit
Kyk nooit terug wees nooit spyt
Maar wie het die tyd
Ons almal lewe so in ons eie tydsone
Almal met hulle eie drome
Is jy ’n kluisenaar in jou gewete
Ek kon my humeur nie meer langer beheer
Ek’t my gewete weggesmyt
Oor als wat jy aan my gedoen het
Ek’t vergewe en vergeet
My bloed wonde genees
Maar nou kom jy terug en herbou
Die brûe na die verlede
Wat ek lankaal afgebrand het ons tyd hardloop uit
Kyk nooit terug wees nooit spyt
Maar wie het die tyd
Ons almal lewe so in ons eie tydsone
Almal met hulle eie drome
Maar wie het die tyd
Wie steel die tyd
As jy my vashou en vir my sê
Dis als wat jy wil hê
Die tyd hardloop onder ons uit
Wie steel die tyd
Die uurglas se sand
Loop al vinniger en vinniger
Die klok se wyser werk oor tyd
Wie steel die tyd
Ons tyd hardloop uit
Kyk nooit terug wees nooit spyt
Maar wie het die tyd
Ons almal lewe so in ons eie tydsone
Almal met hulle eie gebroke drome
Maar wie het die tyd
Môre is nog ’n dag
Of is dit ons laaste nag
Al wat ons kan doen is om
Die tyd verby te lag
Maar wie het die tyd gesteel
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top