"Sal ons paaie weer kruis" deur Ruan Vassis

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Die lig van die maan val so saggies by my kamervenster in
Terwyl ek rondrol in die bed vir ure met my gedagtes
Wat met my uithardloop teen die mure
Sal jy my nog kan onthou
Of sal ek vir jou soos ’n vreemdeling lyk
Net nog ’n gesig langs die lang stof pad

Ek maak my oë toe om te slaap
Maar net voor ek wegraak
Sien ek jou gesig weer in die donker
Ek lê en wonder voel jy dieselfde
Staar jy ook na die maan en wens ek was by jou
Sê my waar is jy nou

Sal ons paaie weer eendag kruis
Sal jy my nog kan onthou
Of sal ek vir jou soos ’n vreemdeling lyk
Maar net nog ’n gesig langs die straat

Waar is jy nou en dink jy aan my soos ek aan jou
Daar is soveel wat ek vir jou wou sê maar die woorde
Bly net op die punt van my tong
Nou skryf ek die song en hoop jy sal verstaan

Ek wil slaap maar gedagtes van jou bly maal deur my kop
Voel jy dieselfde is jy dalk my eerste helfte
Sal ons paaie weer eendag kruis
Sal jy my nog kan onthou
Of sal ek vir jou soos ‘n vreemdeling lyk
Maar net nog ‘n gesig langs die straat

Ek weet my skat jou opsies lê op die tafel oop
Jou toekoms lê voor
Ek vra gee my net een kans
Wat het ons om te verloor
Ek wil songs vir jou sing in die reën
Met jou dans in die lig van die maan
Hand aan hand stap skemer op die strand

Sal ons paaie weer eendag kruis
Sal jy my nog kan onthou
Of sal ek vir jou soos ’n vreemdeling lyk
Maar net nog ’n gesig langs die straat
Jou oë vertel ’n duisend dinge wat jou lippe nie sê nie
Weet jy dat daar iemand is wat jou sal aanvaar soos jy is
Waar ook al jy mag wees ek bid tot ons Vader in die hemel
Om jou veilig te hou
Dat Sy wil mag geskied

Is jy dalk die een ek gaan eerder deur die lewe alleen
As sonder jou sê vir my wat sê jou hart vir jou sal ons paaie weer kruis
Kry jy soms die gedagte of ek jou nog sal kan onthou
Wel jy weet jy sal nooit vir my soos ’n vreemdeling wees

Ek hoop ons paaie sal eendag weer kruis
Iewers langs die lang stof pad
Sal ons mekaar kry terwyl jy
Saggies saam met die wind fluister
Jy was nog altyd lief vir my
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top