"Obsessie" deur Gerhard Beukes

  • 0

Huiwerend met ? wanbegrip van tyd
Botsing van woorde wat jy nou moet pleit
Jy bly in jou lugkasteel van laslappies seerkry en weggooi
Van paaie loop tussen wit gange van verlange
En uitgesoekte hartseer

My gevoelens ongevoelig-meedoënloos-ongenadig oopgeskeur
Uitgeloop, gevloei soos riviere uit jou deur
Wangedrag van jou rooiwyn-depressie
Wat het van ons geword?
Of bly jy maar net ? obsessie?
Alleen met jou een-gesig-no-reply-woorde
Van Heros-troebadoere en maanskyn-akkoorde

Refrein:
Nou bly jy weg van my, ver weg van my
En ek wag nog vir ons oomblik "until we meet again"
Nou vermy jy mense in wit baadjies
Jy sit aldag en praat met jou deurskynende maaitjies
Jou arms al orals vol gatjies
En nou soek jy comfort op die hoeke van sypaadjies

Tyd se paaie is krom en skeef
Jou messed-up wêreld waarin ek leef
? Half-aangeplakte lag, caviar en bliksemweer
Jy's ? all-in-one lucky packet en nog meer
Dis al 10-oor-slaaptyd

Kom gooi jou pennies in my wishing-well
En bid vir ons in die gebreekte magic spell
Maar hou dit net stil, want ons het ? crowd
En nou is dit nog net die oë wat lag
Want jou trane is klip, maar jou hart is sag
En waar slaap jy vanaand?
Met jou late-night-shift-verbeelding tot laat in die aand

En jy bly my vermy, ver weg van my
En ek droom nog van ons oomblik "until we meet again"

Refrein

Als ? gejaag na sy praatjies
Net valse praatjies
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top