"Nie versoenbaar" deur Rudolf Stehle

  • 1

Geskryf vir: Straatligkinders

Toe ek nog klein was het ek geglo
Die wêreld word beter soos jy ouer raak
Maar ek was hopeloos verkeerd
Die wêreld bly dieselfde, maar dis jy wat begin foute maak

REFREIN:
Ons is nie gemaak vir die lewe nie
Maar daarmee moet ons vrede maak
Foute gebeur sodat ons kan leer
Om weer te probeer is wat saak maak

Ek wil weer ? kind wees
Wat wegkruiper speel en boom klim
Maar die boom het intussen ? berg geword
Geld is min en die tyd is kort

REFREIN

Die tyd vir cowboy speel is lankal verby
Die Wilde Weste is ? werklikheid
Jy moet maar kant kies en koes, ou maat
Want môre is dit dalk te laat

Kant kies en koes, kant kies en koes, ou maat
Want môre is dit dalk te laat, môre is dit dalk te laat

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top