Geskryf vir: Straatligkinders
As jy wil oorkom hoef jy my nie eers te bel nie
Stap net in, nee, jy hoef nie te klop nie
Sit maar, moet groot ‘seblief nie vra nie
My huis kort mos al lankal ? stunning girl soos jy
As jy gemors het, by die wasbak is ? lap
As daar vrugte is, mag jy dit maar hap
As jy vuil voel is jy welkom om te bad
My huis kort mos al lankal ? stunning girl soos jy
Refrein:
Want my huis is ? bly-huis en ? oop huis
Stap maar in en maak jou tuis
Net my kas deel ek met niemand nie en los uit die remote
Die toilet seat bly missing en my skeermes is soos goud
Ons praat nou nog nie van ? ring nie
Dat jy nie dink ek dwing jou in iets in nie
Net ? dame wat kan huishou en so ietsietjie daarby
My huis kort mos al lankal ? stunning girl soos jy
Brug:
Ek’s ordentlik en sal niks met jou try nie
Al sal ek ? massage nie mind nie
Dis regtig net te stil om so allenig te bly
Help my uit, en kom bly by my
Ek vra mooi?
Maak jou tuis en kom bly by my

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

