"Liefde was hier" deur Wesley Conradie

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Dig bewe hier binne my
Dit reën in my hart
My beker loop oor
En waarvan die hart vol is
Sal by my mond uitbars
So skink vir my nog 'n koppie sonskyn
En gee my donker wolke elk 'n silwer lyn
Refrein:
Die skrif is aan die muur:
Liefde was hier
Die koeël is deur die kerk:
Die ou ek het gesterf
Dit bewe hier binne my
Dit reën in my hart
My beker loop oor
Ek wil dit uitstort
Ek kan sien jy is dors
Kom ek skink vir jou 'n koppie sonskyn
Kom ek gee jou donker wolke elk 'n silwer lyn
Brug:
Lank, lank gelede is die ou ek oorlede
Vaarwel my vriend, rus in vrede
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top