Geskryf vir: Straatligkinders
Sterk strome in die wêreld
Klomp probleme deur jou are
Sondes gaan nie weg nie jy probeer alleen en kry niks reg nie
Al wat jy moet doen is
Haal net asem haal asem
Hy is jou suurstof hou geloof
word weer gebore daar is vir jou gesterwe
Witter as sneeu jy gaan nooit weer vuil word nie
Jy is gewas in totale vrede
Want dis al wat my vry maak dis al wat my skoon kry
U Gees is my leidsman en ek is verlore sonder jou
Was my in rivier van vergifnis
Daar's altyd foute ons is menslik
Die pad is droog en soms voel U vêr
Vat my lewe vir my oor ek’s blind as ek loop
Help my om bevryding op te spoor al wat jy moet soek is
Genade daar’s genade
Hou vas aan Liefde loop op water
Kleingelowig loop deur storms
Daar’s altyd hoop as jy glo jy is n nuwe persoon en jou duisternis is verby
Want dis al wat my vry maak dis al wat my skoon kry
U Gees is my leidsman en ek is verlore sonder jou
Doop my in riviere wat Jou voete geraak het
Rivier waters rivier waters rivier waters lewendig in my
Doop my in riviere wat Jou voete geraak het
Rivier waters rivier waters rivier waters hier in my
Want dis al wat my vry maak dis al wat my skoon kry
U Gees is my leidsman en ek is verlore sonder jou
Was my in rivier van vergifnis

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.