Koos Kombuis by Die Boer

  • 0

Waar: Die Boer, Durbanville
Wanneer: 7 November 2013, 20:00
Kaartjies: R110

 

Mense het my al so baie gevra: "Wat glo jy nou eintlik, Koos?", dat dit seker net 'n kwessie van tyd was voor ek hierdie ingewikkelde vraag deur my liedjies sou probeer beantwoord. Daarom dan dat ek nou met 'n hele handvol nuwe liedjies sit wat almal so effens van 'n "geestelike" tema het!

Suiwer gospel is dit sekerlik nie. Maar ek hoop tog dit sal vir iemand, iewers, iets kan beteken. En vir die wat hulle nuuskierigheid nie kan beteul nie, Koos glo, onder andere, in 'n Vet Vrou, sy GPS, Donkies en Woestyne...Kom luister na hierdie nuwe liedjies van Koos, en natuurlik 'n paar ou gunstellinge, by die Boer in Durbanville. Bespreek by 021 979 1911.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top