"Kinderbybelduiwelkind" deur JL van der Walt

  • 0

Ek was nog altyd in liefde braaf
Net altyd my wond gesalf
Ek wens net ek kan die soektog voltooi
Al kom die spyt veels te laat

Ek wens ek kan jou vind
Skatkusglimlagwinterkind
Om my te help skilder
aan die kleurlose lyne

Dan skilder ek jou en jy vir my
Met super-vuil kwaste en ’n uitveër daarby
Om al die foute wat in my kraak
Eens en vir altyd reg te maak

Ek het jou gevind vind
Kinderbybelduiwelkind
Maar jy het verander
Teenoor wie ek eerder wou vind

Dit was ’n lang baklei
Om ons stories in mekaar te gly
Maar dit voel verkeerd
Om dit in een verhaal te smeek

Soos ongeloof teen ’n kruis
Voel my hart vas gespyker teen jou lyf
Ek’s uitgebloei
Net my oë lewe nog buite my

Skree jy net verder hartelose wese teen my siels-tempel vas
Die ongehoorde klanke
Is ’n tree weg om my te kry.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top