Geskryf vir: Straatligkinders
Is ons dan wolwe in skaapsklere
So skyn heilig maar ons voel eintlik vere
Sosiale netwerke is deesdae ons huise, ons kerke
Ons is 'n generasie sonder reëls, sonder perke
Ons lewe vir musiek, partytjies en status
Geld en voorkoms is ons nuwe waardes
Refrein:
Ek kan dit nie vat nie
Ek wil dit nie hê nie
Ek sal nie myself in hierdie wêreld belê nie
Jy lewe net een keer is deesdae almal se leuse
'n Verskoning vir al ons verkeerde keuses
Maar ek wil nie doodgaan terwyl ek jonk is nie
Ek wil nie lewe terwyl ek dronk is nie
Die lewe is al klaar heeltemal te kort
Hoekom wil ons dan so vinnig groot word

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

