"Glimlag val saggies" by Phillip Thomas

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Alles gesien
En alles verdien
Alles gesê
Nothing ge-mean
Waar sal ons gaan
As niemand ons vra
Sal jy my kom haal
As ek jou betaal
Sal ons voortgaan
Na die einde
Sal ons wag
Sal ons baljaar elke dag
Jou glimlag val so saggies
Maar die aarde bewe in my hart
Jou glimlag val so saggies
Maar die aarde bewe in my hart
In die begin
Was daar 'n droom
Met jou by my sy
Sal die wêreld oorstroom
Met die voortgaan
Sal ons seëvier
Met die wag
Sal ons heel aand net lag
Jou glimlag val so saggies
Maar die aarde bewe in my hart
Jou glimlag val so saggies
Maar die aarde bewe in my hart
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top