Philip Thomas

Philip Thomas is in Rotterdam, Nederland gebore. Hy matrikuleer in 1963 aan die Gymnasium Erasmianum en behaal sy graad Meester in de Rechten aan die Erasmus Universiteit, Rotterdam. In 1970 ontvang hy ingevolge die Nederland-Zuid-Afrika-Kultuurverdrag ’n stipendium vir nagraadse studie aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Paul van Warmelo. Hy word in 1974 aangestel as lektor in die Departement Romeinse Reg en Regsleer en is tot 2010 werksaam in die Regsfakulteit. Hy verwerf sy LLD aan die Universiteit van Suid-Afrika met Van Warmelo as promotor. As dosent en navorser spits hy hom toe op Romeinse reg, Romeins-Hollandse reg en regsvergelyking. Thomas het ’n lys publikasies in handboeke, hoofstukke in boeke en artikels in geakkrediteerde tydskrifte. Hy is lid van die Société d’histoire du Droit, de Stichting tot Uitgaaf der Bronnen van het Oud-Vaderlandse Recht en die Suider-Afrikaanse Vereniging van Regshistorici. Hy was hoof van die Departement Regsgeskiedenis, Regsvergelyking en Regsfilosofie van 1995 tot 2000 en president van die Vereniging van Regshistorici van 1990 tot 1994, en vanaf 2010 tot die hede. Hy is lid van die redaksieraad van Fundamina en ’n stigterslid van die Salzburg Akademie vir Europese Privaatreg, Oostenryk. Hy lewer jaarliks referate by die SIHDA-kongresse en gee klas by die Salzburg Somerskool. Hy het al gaslesings gelewer by die Loyola Universiteit in New Orleans, die Universiteit van Luik, die Karel Universiteit in Praag, die Eotvos Lorand Universiteit in Boedapest, die Universiteit van Salerno en die Federico II Universiteit in Napels. In 2009 tree hy af as emeritus professor by die Universiteit van Pretoria en word ’n navorsingsgenoot in die regsfakulteit van daardie universiteit.

"Glimlag val saggies" by Phillip Thomas

Philip Thomas 2013-10-09

"Love me forever" by Phillip Thomas

Philip Thomas 2013-10-07

"Submarines" by Phillip Thomas

Philip Thomas 2013-10-07

Die resepsie van Romeinse reg in die Suid-Afrikaanse regstelsel: stare decisis en curia ius novit

Philip Thomas 2012-11-21  "Die doel van hierdie artikel is om die uitwerking van die stare decisis-leerstuk (Engelse reg) en die curia ius novit-reël (Europese siviele reg) op die Suid-Afrikaanse regsontwikkeling vas te stel."
Top