2013 Feesprogram: Woord en wyn

  • 0

Woord en wyn

Proe al padlangs
’n Heerlike wyntoer saam met bekendes. Proe saam met die wynmeester aan die beste uit die kelder van drie spogplase. Pendelbussies vertrek vanaf Hoërskool Stellenbosch. Slegs 10 persone per toer. Bespreek by Computicket – pendeldiens, wynproe en peuselhappies ingesluit.
Wyntoer 1
Knorhoek, Delheim en Muratie met Foeta Krige en Cobus Bester
Geniet die geselskap en interessante staaltjies van dié gewilde RSG-manne. Twee storievertellers soos min – geen kilometer sonder ’n skaterlag nie!
5 Maart 15:00 | Hoërskool Stellenbosch | 120min | R100

Les Javan

Wyntoer 2
Simonsig, Uitkyk en Kanonkop-toer met Les Javan
Dié gewilde sanger wat Koos Kombuis verlede jaar beskryf het as die ‘Verlosser’ van Afrikaanse musiek, draai al sy sjarme-krane oop om jou wynproe-ervaring onvergeetlik te maak.
6 Maart 15:00 | Hoërskool Stellenbosch | 120min | R100

Wyntoer 3
Morgenhof, Skilpadvlei en 401 Rozendal-toer met Richard van der Westhuizen
Laat die jintelman van Afrikaanse musiek- en teaterverhoë jou deur die wynlande begelei op ’n multi-sensoriese avontuur. Hy sal jou nie tussen treine en tussen stasies verloor nie.
7 Maart 15:00 | Hoërskool Stellenbosch | 120min | R100

Simonsberg Wynroete: Woord en wyn-etes
’n Intieme middagete saam met uitsonderlike Afrikaanse skrywers en ikone! Sit aan vir hemelse wyne en watertandgeregte saam met Simonsberg se wynmeesters en jou gunsteling Woordfees-persoonlikheid. Slegs 12 mense per tafel. Bespreek dadelik by Computicket om teleurstelling te voorkom!

Woord en wyn 1
Middagete met Dana Snyman by Neil Ellis Wyne
Neil Ellis spog met sy wyne, terwyl die gewilde Dana Snyman gaste trakteer op staaltjies oor sy reise regoor Suid-Afrika. ’n Meesterlike verteller, gepaar met meesterlike wyn!
8 Maart 12:00 vir 12:30 | Neil Ellis Wyne | 120min | R280

Woord en wyn 2
Middagete met Karin Brynard by Delheim
Delheim se mede-eienaar, Nora Sperling-Thiel, deel die plaas se beste wyne, terwyl Karin Brynard spannend en heerlik gesellig gesels, maar vir een keer nie oor misdaad en moorde soos in haar twee topverkoper romans nie.
8 Maart 12:00 vir 12:30 | Delheim | 120min | R280

Dana Snyman

Woord en wyn 3
Middagete met Elsabé Daneel by Uitkyk
Wynmaker Estelle Lourens trakteer gaste op die vrug van die druif en die gevierde Elsabé Daneel vertel van haar lewe as aktrise. Miskien word ’n paar geheime van die 7de Laan-stel verklap tydens hierdie spesiale middagete!
8 Maart 12:30 vir 13:00 | Uitkyk | 120min | R280

Woord en wyn 4
Middagete met Johan en Lida Botha by Muratie
Eienaar Rijk Melck bederf gaste met Muratie se beste. Johan en Lida Botha, bekend en geliefd as dié Ouma en Oupa in Suid-Afrika na hulle hoogs suksesvolle opvoerings en reeks op kykNET, roep herinneringe op aan twee roemryke loopbane wat nou saamloop, soos hulle gelukkige huwelik.
8 Maart 12:00 vir 12:30 | Muratie | 120min | R280

Simonsberg Wynroete Markdag
Sluit die Woordfees hemels af! Geniet ’n ontspanne gesinsdag met keurwyne van die Simonsberg-wynroete, musiek, lekker kos, kinder- en druiweoes-aktiwiteite. Pendelbussies beskikbaar vanaf Stellenbosch Toerisme en terug. Kontak 021-886 4310 vir navrae of besoek www.wineroute.co.za.
10 Maart 09:00 | DelVera, R44 | 420min | Gratis

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top