2013 Feesprogram: Sanlam Musiek (In ligter luim)

  • 0

Sanlam Musiek (in ligter luim)

Piekniekkonserte @ Neethlingshof
Bespreek jou piekniekmandjie by Computicket as jy jou kaartjies koop. Bring jou eie stoel en kombers vir ekstra gemak.


Zinkplaat & Die Melktert Kommissie

Zinkplaat vier hul 10de jaar op die verhoog! Om dié spesiale geleentheid te help vier, verbreek Die Melktert Kommissie hul lang stilte en lui die volgende dekade in saam met die rockers wat jaar na jaar net beter raak.

1 Maart 20:30 | Neethlingshof | 120min | R90, R60
Zoid, Carstens & die bands

Moontlik gemaak deur Distell Stigting; in samewerking met Kunstekaap
Die gewilde Karen Zoid en Arno Carstens in ’n skouspel op die verhoog, saam met die Wellington Youth Band en die Delft Big Band. Ian Smith dirigeer die saamgevoegde 40 stuk-orkes en voer oud en jonk mee met Camillo Lombard se musikale verwerkings.
2 Maart 18:00 | Neethlingshof | 90min | R90, R60


Elvis Blue en Heinz Winckler

’n Skemerkonsert spesiaal vir die US Woordfees! Die twee rasend gewilde Idol-wenners span kragte saam vir ’n onvergeetlike vertoning. Nie net strelend op die oor nie, maar ook sag op die oog!
3 Maart 18:00 | Neethlingshof | 120min | R90, R60

FAK Volume II
Met Amanda Strydom, Jak de Priester, Les Javan, Anna Davel, Brandon October, Richard van der Westhuizen, Jannie du Toit en Viva Cantare. Gaskunstenaar: Nico Carstens
Die FAK se splinternuwe sangbundel, met die beste Afrikaanse liedjieskrywers se musiek, is nou op die rak. Hierdie sterbelaaide produksie maak na landwye bekendstellings ’n feestelike Woordfees-draai. ’n Hoogtepunt op die musiekprogram!
5 Maart 20:30 | Neethlingshof | 120min | R90, R60

Fokofpolisiekar
Fokofpolisiekar is vanjaar 10 jaar oud. Sedert sy ontstaan het dié Afrikaanse rockgroep kultusstatus bereik en ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword. En steeds is daar geen einde aan hulle populariteit nie. Moenie dié kookwater vertoning misloop nie!
6 Maart 20:30 | Neethlingshof | 90min| R90, R60

Dirty Bounce
Dirty Bounce consists of the members of Mr Cat & The Jackal, The Nomadic Orchestra and The Bone Collectors. This fourteen piece collaboration fuses several musical genres to produce a new breed of ‘oompah’ music. They incorporate a menagerie of instruments ranging from the tuba to the accordion, producing hypnotic tunes for feet that love dancing.
7 March 20:30 | Neethlingshof | 90min | R90, R60


Hosh Tokkelos

Gazelle, ’n gunsteling onder African Electro-liefhebbers, is reg om grense te verskuif saam met die romantiese rapper Jack Parow. Hul gesamentlike treffer ‘Hosh Tokolosh’ het geskiedenis gemaak toe dit die eerste Afrikaanse lied was in die nommer 1-posisie op die SA Top 40 Chart.
8 Maart 20:30 | Neethlingshof | 90min | R90, R60

 

 

Jan Blohm

Bobby van Jaarsveld
Die SAMA-wenner en liefling van Afrikaanse musiek Bobby van Jaarsveld sing treffers van sy nuwe album met die naam: Wat geld nie kan koop nie. Die gehoor word tot in die sewende hemel geneem met snitte soos ‘Yeshua the Messiah’ en ‘My Berg Sion’.
9 Maart 20:30 | Neethlingshof | 70min | R90, R60

Jan Blohm en Jimmy Dludlu
Twee musiekbrekers met verskillende style en tuis in verskillende genres, stel elk ’n nuwe CD bekend. Jan Blohm sing sy sewende solo-album Ruby saam met sy band – dis ’n harde rock-allegaartjie wat die fondamente van die musiekbedryf sal skud. Portraits van Jimmy Dludlu word beskou as een van die beste jazz-albums nog. Twee hoogtepunte vir die prys van een!
10 Maart 18:00 | Neethlingshof | 120min | R90, R60

 


 

Spier Amfiteater

Dreams
Met Chris Chameleon en die Suid-Afrikaanse Jeugkoor
Beleef die magiese samewerking tussen die ewige verkleurmannetjie en die indrukwekkende Suid-Afrikaanse Jeugkoor. Op die musikale spyskaart is o.a. die eerste beweging van Ramirez se Misa Criolla, Chameleon se gewilde toonsettings van Ingrid Jonker se verse en ou gunstelinge soos 'Serenade' en ‘Pie Jesu’.
3 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Stef Bos

Stef Bos
Die digter, skrywer en musiekkunstenaar Stef Bos is ’n gunsteling by die Woordfees. Hy weet hoe om woord en klank te kombineer in ’n poëtiese ervaring wat klink na jou eie, en wat jou lank sal bybly. Moenie die geleentheid laat verbygaan om meegevoer te word deur een van Nederland en Suid-Afrika se voorste musikale talente nie.
7 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Brother Love
Op hulle eie is hulle dinamiet. Saam is hulle plofbaar. Die uiters talentvolle broers Emo en Loukmaan Adams is huishoudelike name in Suid-Afrika. Nou oorrompel hulle feesgangers met hul onweerstaanbare sjarme en goedige broederlike wedywering – glimlagte gewaarborg!
8 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Amen
’n ATKV en US Woordfees-produksie
Dié pragproduksie met Rina Hugo en Zanne Stapelberg is saamgestel uit liedere wat fokus op die woord gebed. Musiek uit verskillende genres (klassiek tot rock, musiekblyspele tot pop, opera tot gospel) is aangepas vir dié twee hemelstemme saam met ’n 9 stuks-orkes en ’n massakoor.
9 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Roeper
Theuns Jordaan sing liedjies van sy treffer-album Roeper. Dié kunstenaar met die fluweelstem se jongste albumverkope trek al ver verby die 100 000. Beslis nie ’n gebeurtenis om mis te loop nie!
10 Maart 20:30 | Spier Amfiteater | 70min | R150, R120, R90

Brother Love

 


 

 

Oude Libertas Amfiteater

Laurika Rauch & Wessel van Wyk
Die voorste vrou van Afrikaanse ballades deel die verhoog met musiekkenner Wessel van Wyk. Kom luister na ou gunstelinge soos ‘Hot Gates’, ‘Kinders van die wind’ en ‘Song of the Old Lovers’, asook na nuwe treffers van dié gedugte span. Hemel op aarde!
1, 2 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 90min | R160

Cape Classic
Christian Kunert (bassoon), Christiane Dimigen (oboe, English horn), Rupert Wachter (clarinet), Silke Schurack (horn), Isabel von Bernstorff (piano), Katharina Wildermuth (violin), Elena Graf (violin), Thomas Rössel (viola) and Johann Bohorquez (violoncello)
Dvorák’s sublime Piano Quintet in A Major features the mighty sounds of a string quartet paired with a grand piano. Throughout, the muscular drama freely intermixes with numerous sections of pure, euphoric beauty, with the constant interlacing of magical dance music abounding with spontaneity and vitality.
3 March 20:15 | Oude Libertas Amphitheatre | 90min | R140

Die hart is 'n eensame jagter
Aangebied deur Kosie House of Theatre
’n Ongewone huldeblyk aan Johannes Kerkorrel as blywende ikoon en komponis. Klassieke én kontemporêre komponente word vervleg in instrumentale verwerkings van sy mooiste musiek, saam met verrassende visuele elemente wat Kerkorrel as mens belig. Nie net vir Kerkorrel-aanhangers nie, maar vir alle musiekliefhebbers.
7, 8 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 60min | R100, R130

Misa Criolla & Navidad Nuestra
Met Amanda Strydom en die Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers.
Orkesdirigent: Gerhard Niemand
’n Uitsonderlike geleentheid om Amanda Strydom se aangrypende vertolking van twee werke deur die Argentynse komponis Ariel Ramírez te beleef. Die komposisies is ’n kombinasie van die tradisionele mis (Misa Criolla) en die geboorteverhaal van Christus (Navidad Nuestra), vermeng met Spaans-Amerikaanse ritmes en tradisies. Hierdie buitengewone en beroemde mis vind populêre aanklank weens die opwindende en kleurryke kombinasie van ongewone klanke en woorde.
9, 10 Maart 20:15 | Oude Libertas Amfiteater | 90min | R150

 

 


 

 

Dorpstraat Teater @ Summerhill

Gert Vlok Nel
Die gewilde digter en sanger sing liedjies van sy jongste album Onherroeplik. ’n Kultusfiguur in Nederland, ’n enigma met magnetiese krag wat hoorders meesleur waar ook al. Kom luister hoe woord en klank inkanteer en kulmineer in ’n poëtiese ervaring.
1 Maart 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R90

Buckfever Underground
Dié bekende praat-en-improvisasie punk band is terug by die Woordfees. The Buckfever Underground is in 1998 in Grahamstad begin deur Toast Coetzer (lirieke, stem) en Gilad Hockman (baskitaar). Later het Jon Savage (klawers), Stephen Timm (tromme) en Righard Kapp (kitaar) bygekom, toe hulle Kaapstad toe getrek het. Hulle het al sewe albums vrygestel – die nuutste een, Verkeerdevlei,is deur Rolling Stone ‘mythic, manic and unprotected’ genoem. Kom luister waarom!
2 Maart 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R90

Die Driveway Divatjie
Ondersteun deur Lux Verbi
Annalise Wiid bring stories en songs oor die verrukking en die skrik wanneer iets hemelssoms rakelings teen jou verbywaai en soms, diep en ewig, in jou vasslaan. Annalise se boek word ook bekendgestel en ligte versnaperinge word by aankoms bedien.
3 Maart 13:00 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 60min | R70

Drie Reisigers en Valiant Swart
Die Drie Reisigers – Johan Bakkes, Dana Snyman en Johan Badenhorst – vat weer die pad, dié keer saam met die troebadoer Valiant Swart. ’n Wenkombinasie van storie en lied deur die land se gewildste woordkunstenaars, wat aandoen by bestemmings in die uithoeke van die aarde en die hart.
5 Maart 13:00, 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R120 (ete uitgesluit)

André Swiegers en Die Tuindwergies
Van ’n generasiegaping is daar geen sprake met die gesoute André Swiegers en die jong manne van Die Tuindwergies op die verhoog nie. Maak gereed vir eerlike musiek so reg uit die hart. André sing ou gunstelinge en toets nuwe songs aan die gehoor, terwyl Die Tuindwergies laat waai met treffers van hul album Terwyl die donker wolke dans.
4 Maart 13:00, 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R90

Ken jy tant Mossie?
Ken jy tant Mossie en Sarie Marais? Jong musikante stof die FAK-sangbundel af vir ’n ongewone fees van nuwe musiektreffers! Bekende nommers word opgezoesh en minder bekendes uit die stofbolle van die skatkis opgediep en blink gevryf. Babette Viljoen, Steffie le Roux en Werner Ferreira word begelei deur die veelsydige Izelle Claassen. Kisklere onnodig en kappies kan in die kas bly lê – los dit net vir die ‘ê’! Kom sakkie-sakkie eerder saam!
6 Maart 13:00 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 60min | R90

Larry Joe Live
Larry Joe Live is the much acclaimed band of Larry Joe, who recorded his debut album in the Douglas prison. Combining elements of soul, Afro pop and R&B, the band will grab you and make you want to dance with its infectious melodies and unforgettable songs. With a range of material as diverse as the musicians themselves, a moving performance is guaranteed.
7 March 13:00, 20:30 | Dorpstraat Theatre @ Summerhill | 90min | R90

Koperkoors
Sakka Stone se Koperkoors vertel die storie van Namakwaland. Dié musical in die kleine is gebaseer op ’n dagboek wat langer as 400 jaar in een familie se besit was. Dit delf in die tyd voor die Europeërs se aankoms tot die ontdekking van koper in 1685 en verken die impak van dié gebeure op inwoners van die streek op ’n musikale manier.
8 Maart 13:00 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R90


The Orange Stilettos

The Orange Stilettos is ’n geheime sameswering van musiek en stem, met wortels in klassieke musiek, jazz, blues, kabaret en allerlei ander style. Stigterslede Marise Landman en Liezel Fourie kom na ’n rusperiode van twee jaar byeen met vorige én splinternuwe materiaal.
8 Maart 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 90min | R90

Koos Kombuis en Die Skynmaagde
Koos Kombuis is so deel van Stellenbosch soos die akkers en die blou berge. Wat is ons dorp dan nou sonder ’n Koos? Die Skynmaagde het skielik alombemind geword en voer bewind oor die swanger stiltes met hul post-apokaliptiese Afrikaanse folk-grunge. Henry (ook bekend as Blackie Swan) en Wilken (bekend as Ewig Fouché) lei die epiese tog na 'n nuwe bewussyn.
9 Maart 20:30 | Dorpstraat Teater @ Summerhill | 120min | R90

Die Skynmaagde

 


 

Drostdy-Hof Blues @ De Vette Mossel
Kom weer na die gewilde laataand jolkol van die fees, met yskoue wyn, vuurwarm blues, sagte seesand onder en ? sterrehemel bo. Om nie van die sappige seekos en gesellige Vette Mossel-gasvryheid te praat nie. Die legendariese Drostdy-Hof orkes vorm die ruggraat van die sessies: Dale Collins, Simon Orange, Rob Stemmet en Wayne Pauli. Vang hulle elke aand saam met ’n vars gaskunstenaar:

Maandag, 4 Maart – Gerald Clark en Luna Paige
Dinsdag, 5 Maart – Francois van Coke en Jedd Kossew
Woensdag, 6 Maart – Les Javan
Donderdag, 7 Maart – Matt Woosey
Vrydag, 8 Maart – Ryno Velvet
Saterdag, 9 Maart – Harpdog Orange en Dave Ferguson
4, 5, 6, 7, 8, 9 Maart 21:00 | De Vette Mossel | 120min | R20 


Amazink Live
Expect a vibrant musical twist at this Stellenbosch township dining experience. During the 2011 season Amazink told the story of the venue which started out as a tavern without a license – originally called Patricia’s Tavern. In 2012 the story continues … Get ready for more drama between tavern manager Miss Patricia Jones, owner Musa Mavundla and narrator Fix Marwana.
1, 2, 6, 8, 9 March 18:30 | Amazink | 210min | R220

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top