2013 Feesprogram: KykNet Koowee Kinderfees

  • 0

 

kykNET Koowee Kinderfees

Koop ’n dagkaartjie vir al 4 produksies op 9 Maart by Oude Libertas Amfiteater vir slegs R120!

Bazoo en die Plaashaas
Aangebied deur Spektrum Kinderteater
Bazoo en sy dieremaats word wakker van ’n groot geraas. Wie of wat is opgeblaas? Dis al die tyd… toe net ’n haas! Pom Plaashaas weet nie hoe hy op Tafelberg beland het nie. Hy is baie deurmekaar en hy kan nie verstaan hoekom almal paaseiers by hom wil hê nie. Watse ding is ’n paaseier dan? ’n Splinternuwe poppekas net vir jou!
2 Maart 09:00 | PJ Olivier | 50min | R40

Die Reënkabouters
Aangebied deur US Drama
Regie: Petrus du Preez
Met studente van die Departement Drama
Kom deel in die avonture van die flukse reënkabouters Kumulu en Stratu in die Blouwaterbos. Die kabouters se goue wolk-emmertjies word gesteel en hulle moet dit terugkry om wolke te kan maak! Kom kyk hoe die wonderlike wêreld van die Blouwaterbos vir ons oopgaan as die fantastiese bosbewoners hulle storie vir ons vertel.
2 Maart 10:00 | PJ Olivier | 50min | R40

 
Dolf Wolf en die drie varkies
Aangebied deur Spektrum Kinderteater, met Alex Marais, Stephanie Badenhorst en Lize-Meri Smallberger. Verwerk deur Gaerin Hauptfleisch
Dié klassieke sprokie, nou ’n heerlike toneelstuk, vertel hoe die drie varkies besluit om hulle eie paadjie te loop en elk hul eie huisie te bou. Hier kry hulle slegte raad en Dolf die Wolf is gou op hul spoor. Kan hy dalk ’n lekker ete in die kloue kry? Kom kyk of Dolf se longe sterk genoeg gaan wees om ’n baksteenhuisie om te blaas.
2 Maart 11:00 | PJ Olivier | 50min | R40


Die wonderwêreld van die Towenaar Sonder Naam

Met die Towenaar Sonder Naam…
Kom saam op ’n betowerende avontuur en raak verlore in ’n wêreld waar enigiets kan gebeur! ’n Plek waar hemel en aarde saamsmelt, waar towenaars bestaan en die onmoontlike voor jou oë plaasvind! Wie weet wat uit die goëlaar se hoed kan verskyn? ’n Magiese ervaring vir jonk en oud!
2 Maart 12:00 | PJ Olivier | 50min | R40


Poppie en Bongo: Kolskoot!

'n Bongopop Media-skepping, na die verhoog gebring deur Spektrum Kinderteater
Kom geniet die maltrap manewales van hierdie twee boesemvriende in hierdie lewensgrote poppe-partytjie vir die kleinspan. Maatjies kan lekker saam dans op hulle vrolike musiek en deel wees van die poetse wat gebak word!
9 Maart 09:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40

Lollos 4: Oe la la, Suid-Afrika

Lettie kom kuier vir die eerste keer op aarde! Lollos, Minki, Alta en Disco vertel vir haar van al die wonderlike plekke en dinge wat hulle al in Suid-Afrika gesien het. Die SAMA-wenners sing liedjies van hul splinternuwe vierde CD en kyk na alles wat Suid-Afrika hemel op aarde vir ons maak: diere, mense, tale, kos, dorpe en nog veel meer!
9 Maart 10:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40


Tjiff en Tjaff 2

Die karakters van die gewilde kinderreeks Tjiff en Tjaff, wat weeksdae op kykNET se Koowee-kinderkanaal uitgesaai word, kom kuier weer. Die populêre groen outjies vertel meer van hul uitstappies en nooi almal om deel te word van hul avonture. Hulle is ook mal oor speletjies en het ’n hele paar verrassings vir jou. Kom dans lekker saam, kuier heerlik saam met Tjiff, Tjaffen hulle maatjie Mimi, en bring die kamera vir jou eie foto saam met hulle.
9 Maart 11:00 | Oude Libertas Amfiteater | 50min | R40


Takalani Sesame

Sponsored by Sanlam since 2000
Come and enjoy Takalani Sesame, the well-known multimedia edutainment programme with the famous Muppets! We focus on early childhood development for children between the ages of 2 – 7. The programme’s content is made up of numeracy, literacy and life skills, aligned with the DBE’s objectives and the NDP. See how it works!
9 March 12:00 | Oude Libertas Amphitheatre | 50min | R40

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top