2013 Feesprogram: Kunsroete

  • 0

Kunsroete

Brei jou ervaring van die Woordfees se kuns-aanbod uit met ’n besoek aan die volgende kunsgalerye. Jy sal heel waarskynlik ’n winskopie raakloop om jou eie versameling mee aan te vul!

 

Die Oude Libertas Kunsgalery
H/v Oude Libertas- & Adam Tasweg, Stellenbosch

Kwas & Klei
Kunstenaars uit die wynlande skep besondere kunswerke met kwas en klei, wat aansluit by die feestema. Met kwas: Mila Posthumus, Corlie de Kock, Lenie Harley, Adrienne Silva, Vernon Swart, Braam van Zyl, Madelein Marinkowitz en Strijdom van der Merwe. Uit klei: Clementina van der Walt, Johan Swart, Karen Sinovich, Laura du Toit, Tanya Babb, Helen Vaughan, Marne de Klerk, Ralph Johnson, Jo Pentz en Hettie de Klerk.
Kurators: Roena Griesel en Hettie de Klerk. Besoek www.oudelibertas.co.za vir meer inligting.
27 Februarie – 28 Maart 09:00-16:00 | Oude Libertas Kunsgalery | Gratis
Spesiale kuns-en-wyn rondleidings:
2 Maart 19:15 | Oude Libertas Kunsgalery | 45min | Gratis

10 Maart 19:15 | Oude Libertas Kunsgalery | 45min | Gratis
Galery-tye: Maan-Vry 09:00-16:00, Sat: 09:00-13:00; aande voor Amfiteater-vertonings: 18:00-20:00
 



red black and white

Distilleryweg 5A, Bosman’s Crossing, Stellenbosch

Binnehemels
’n Ondersoek na die skepping en plekmaakproses van ’n binneruimte waarin elke individu sy heilige koestering vind. Die uitstalling versinnebeeld ’n gedagtewêreld se onderhandeling tussen plek, ruimte, emosie, herinnering en nostalgie om ’n binnehemel te vind.
Ma-Vry 09:00-16:00 | Sat 09:00-13:00 |T

el: 021-886 6281; www.pierrabe.co.za; thewarehouse@mweb.co.za




Die Red Teapot Gallery

Oude Hoek-gebou, h/v Kerk- en Andringastraat (oorkant Java), Stellenbosch

Die tuiste van Stellenbosch se geliefde Portchie!
'n Vreugdevolle kleur- en kunservaring. Werk van Portchie én ander kunstenaars is te sien, asook unieke gebruiksartikels en 'n groot verskeidenheid silwer juweliersware. Kom loer gerus in vir spesiale aanbiedinge tydens die Woordfees.
Ma-Vry 10:00-17:00 | Sat 10:00-13:00 | Tel: 021-883 9582; portchie@mweb.co.za



Johan Coetzee Kunsgalery

h/v Plein- en Ryneveldstraat, Stellenbosch

 

Verskeie kunstenaars
Op die voorpunt van die kunsfront – altyd iets besonders in hierdie galery. Die beste kunswinskopies sorg vir ’n hemelse ervaring! Meesterwerke, voëls van feathers, pottebakkerswerk, kerse, ens. Kom kuier en kyk – u is baie welkom.
Ma-Vry 09:00-17:30 | Sat 09:00-13:00 | Tel: 021-886 5656; www.coetzeeartgalleries.co.za; jcgalery@mweb.co.za

 



Dorpstraat Galery

De Oude Bank 10, Kerkstraat, Stellenbosch

Gesigte & gedaantes – Louis Jansen van Vuuren
Stellenbosch se oudste galery in privaatbesit stal reeds vir meer as 25 jaar die werk van nuwe en gevestigde kunstenaars uit. Louis Jansen van Vuuren se solo-uitstalling vertoon nuwe werk deur dié talentvolle kunstenaar en digter.
3 29 Maart | Ma-Vry 09:30-17:30, Sa 09:30-15:00, So 09:30-13:00 | Tel: 021-887 2256; www.dsg.withtank.com; info@dorpstraatgalery.co.za

 



Teresa Decinti Kunsgalery

Eikehof 3, Kerkstraat, Stellenbosch
In die hartjie van Stellenbosch kan kunsliefhebbers, buiten vir die skilderkuns van Teresa Decinti, ook kom kyk na die werk van prestige kunstenaars soos Fana Malherbe, Graham Taylor en keramiekwerke van Joy Savage. Kom besoek gerus dié stylvolle kunsgalery.
Ma-Vry 09:00-17:00, Sa 09:00-14:00 | Tel: 082-432 5188 | www.teresadecinti.com | teresa@decinti.it  

 



Stellenbosch Kunsvereniging

Ryneveldstraat 52, Stellenbosch

Die Boom van Kennis van Goed en Kwaad III 

Installasiekuns deur Anni Snyman, PC Janse van Rensburg en vriende
Die Boom van Kennis van Goed en Kwaad II (Stellenbosch, 2012) het Louise du Toit se boek A Philosophical Investigation of Rape - The Making and Unmaking of the Feminine Self vergesel. Die Boom van Kennis van Goed en Kwaad III (Hemels) verwys na die antieke oorsprongsverhaal se invloed op die mens se verhouding met die natuur.
3 – 10 Maart, onthulling voor Boektent: 3 Maart 15:00



Zivaglo
Zivaglo is ’n trots Suid-Afrikaanse uitstalling wat die elemente van 'n ligvertoning kombineer met spesiaal geselekteerde kunswerke. Dit neem elke besoeker op 'n reis neem deur introspeksie en selfontdekking. Kom stap saam met Zivaglo in die lig en ontdek dat die regte skoene, op soveel maniere, jou reis ligter kan maak.
1-10 Maart elke halfuur vanaf 10:00 tot 20:00 | Hofmeyr-saal, Kerkstraat| 30min | R80pp by ingang, bespreek by 021-597 1435 of info@zivaglo.com

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top