2013 Feesprogram: Diskoers

  • 0

Diskoers

RSG Nuus en RSG bied weer opwindende regstreekse uitsendings aan vanaf die Plataankafee in die Sasol Kunsmuseum se agtertuin. Waldimar Pelser, adjunkredakteur van Rapport en self 'n passievolle meningsvormer, het die Praat saam-gespreksonderwerpe saamgestel rondom die hemels-tema. Almal kan gratis kom luister na:

Monitor, 4-8 Maart, 07:00 tot 08:00: Die bekende Cobus Bester praat met ’n reeks prominente meningsvormers.

Praat saam
met Lynette Francis. 4-8 Maart, 8:00 tot 9:00: ’n Boeiende reeks gesprekke onder die vaandel van RSG, USB-Ed en Die Burger – kom stel jou vrae!

Spektrum
, 4-8 Maart, 13:00 tot 14:00: Die RSG-span voer interessante onderhoude met ’n verskeidenheid gaste – boeiend en aktueel.

Naweek aktueel
, Saterdag 9 Maart, 12:00 tot 13:00: Die aktualiteitsprogram met ’n verskil! Vir mense wat wil wegbreek en anders na die lewe kyk.
Kom geniet elke dag ’n heerlike ontbyt en middagete in die Plataankafee (vir eie rekening).

 


 

 

Aardjie na vaartjie?
Lynette praat met John Vorster, Sarah Boesak en Shaka Sisulu
Talle jong mense bou op hul eie manier aan ’n beter Suid-Afrika. John Vorster, kleinseun van die oudpremier; Sarah Boesak, dogter van anti-apartheidsaktivis Allan Boesak, en Shaka Sisulu, kleinseun van Walter Sisulu, debatteer oor die pligte van jong Suid-Afrikaners om dié plek ­– óns plek – te laat floreer.
4 Maart 08:00 | Plataankafee | 60min | Gratis


SA in 2020: Land van melk en heuning?

Lynette praat met Willem Jordaan (Die Burger) en André Roux (Direkteur: US Instituut vir Toekomsnavorsing)
Gaan Suid-Afrika teen 2020 ’n topklas-land wees wat sy mense se stoutste verwagtinge oortref, ’n stukkie hemel op aarde, of gaan ons land terugsak in middelmatigheid en konflik?
5 Maart 08:00 | Plataankafee | 60min | Gratis

Slimfoon, dom kind?

Lynette praat met Fiona van Kerwel (WOW Projekbestuurder), Maritha Snyman (LAPA Uitgewers) en Martin Butler (USB-Ed)
Vandag se kinders word met vele katoeters groot. iPads en slimfone is oral – en maklik om te gebruik. Maar nie almal het toegang tot die jongste tegnologie nie. Kan dié kontrepsies help om ’n leeskultuur te skep – of voorspel dit eerder lees se einde?
6 Maart 08:00 | Plataankafee | 60min | Gratis

Is die hemel ’n plek?

Lynette praat met Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel (moderator van die VGK), Richard van Wyk (NG Moederkerk, Stellenbosch) en Kerkbode-nuusredakteur Jean Oosthuizen
Suid-Afrika word al hoe meer sekulêr. Tog noem die meeste Suid-Afrikaners hulleself nog Christene. Is daar nog plek vir die idee van ’n letterlike hemel waarheen jy gaan as jy sterf, of het ons onherroeplik aanbeweeg na iets heeltemal anders?
7 Maart 08:00 | Plataankafee | 60min | Gratis

Privatiseer!

Lynette praat met Willie Esterhuyse, Rachel Jafta (Dept. Ekonomie, US) en Chris Klopper (SAOU)
Die middelklas vlug al hoe meer na private hospitale, private sekuriteitsdienste en private skole. Jy kry dalk beter dienste, maar dié migrasie na die private sektor het ook implikasies vir die staatsdiens se vermoë om homself reg te ruk. Is die privatisering van dienste ’n uitkoms of vererger dit eintlik net ons probleme?
8 Maart 08:00 | Plataankafee | 60min | Gratis

 


 

 

Die Saxenhof-gesprekke/ The Saxenhof Conversations

Martie Retief-Meiring en Alayne Reesberg, inwoners van die historiese Saxenhof op Stellenbosch, bring die volgende gesprekke tussen kundiges na die US Woordfees. Kom luister na dié invloedryke meningsvormers se siening oor sake van landsbelang en stel jou vrae. Gesprekke vind plaas in Afrikaans en Engels. Hou asb. die pers en die Woordfees se webwerf (www.woordfees.co.za) dop vir moontlike veranderinge van sprekers.

Martie Retief-Meiring and Alayne Reesberg, residents of the historical Saxenhof in Stellenbosch, will host the following experts at the SU Wordfest. Engage with and question these influential shapers of opinion on matters of national importance. Conversations will be conducted in English and Afrikaans. Please watch the press for possible changes in participants, or visit www.woordfees.co.za.


Mangaung, o Mangaung – tot watter prys?

Kenners bespreek die impak van die ANC-leierskap op die ekonomie. Is dit watertraptyd of gaan interne ANC-faksievorming ’n onsekere pad na 2014 inlui? Hoe diep, hoe blywend is die gevolge van Mangaung?

Mangaung, oh, Mangaung! At what cost?
Experts discuss the impact of the ANC leadership on the economy. Will internal ANC factionalism lead us into strange territory or stagnation? How significant will the impact of Mangaung be?
Genooide sprekers/Invited guests: Jürgen Kögl, Freek Robinson, Ferial Haffajee
4 Maart 18:00 | Erfurthuis | 90min | R80

 

 

’n Marikana-lente
Die mynbedryf is gevra om diep in sy eie skagte te kyk. Het die werklikheid van ongeskoolde arbeid, met die gepaardgaande ellende, woede en tragiese gevolge, die bedryf tot ’n omkeer-oomblik gedwing? Hoe nou vorentoe? Mynbase en ander kenners neem aan die gesprek deel.

A Marikana Spring
The mining industry, rocked by the anger and desperation of unskilled workers, has been forced to do some unfamiliar introspection and faces a quo vadis-moment. What does the future look like? Mining executives and other experts discuss this issue.
Genooide sprekers/Invited guests: Bridgette Radebe, Christof Heyns, Raenette Taljaard
6 Maart 17:30 | Erfurthuis | 90min | R80

 

Wat sê hulle daarbuite?
Buitelandse belange en belangstelling in Suid-Afrika ry dikwels wipplank. Hoe lyk ons tans binne internasionale konteks, en hoe belangrik is dit vir ons? Sake- en diplomatieke leiers kom gee hul mening.
What do they think of us abroad?
How important is international recognition really to South Africa? How far removed is perception from reality? Business and diplomatic leaders discuss this issue.
Genooide sprekers/Invited guests: Ambassadeur Donald Gipps (VSA), Bodo Donauer (BMW), Mardia Van der Walt-Korsten (T-Systems Africa), Mthunzi Mdwaba
7 Maart 17:30 | Erfurthuis | 90min | R80

 


 

 

Van Zyl Slabbert-diskoersreeks
Aangebied deur die US Studenteraad

Kom luister hoe die toonaangewers van vandag sake uitpraat met die leiers van môre in ’n opwindende nuwe inisiatief waar studenteleiers met mekaar en met akademici praat oor ’n verskeidenheid kwessies wat relevant is vir jongmense, die Universiteit Stellenbosch én die groter Suid-Afrikaanse samelewing.

 

Die rol van geloof in openbare instansies
Kan openbare instansies dit bekostig om enige aannames te maak oor geloof in ons diverse samelewing? Wiaan Visser (SR-lid), Hassan Essop (Ekonomie-dosent), Louis van der Riet (Teologie-meestersstudent) en George Claassen (US Joernalistiek-dosent) praat oor die impak van geloof in die openbare sfeer.
6 Maart 09:00 | Plataankafee | 50min | Gratis

 

Die rol van geloof in die akademie
Speel geloof ’n rol in hoe en wat ons leer op universiteit? Beïnvloed dit die manier waarop dosente hul werk aanbied? Dié kwessie word bespreek deur Anton van Niekerk (Hoof: Sentrum van Toegepaste Etiek), Jacques Rousseau (UK-dosent: Toegepaste Bestuur), Nico Koopman (US Dekaan: Teologie) en Dirkie Smit (US-dosent: Sistematiese Teologie).
7 Maart 09:00 | Plataankafee | 50min | Gratis

 

Hoe belangrik is geloof vir die jeug van Suid-Afrika?
Met 26 geloofsgebaseerde verenigings op die Matie-kampus en planne vir ’n Moslem-gebedskamer, wonder ’n mens hoe geloof jongmense aan die US beïnvloed. Nadia Marais (oud SR-lid), Wynand Spruyt (oud SR-lid), Adli Peck (voorsitter: US Islamitiese Vereniging) en Tim Theron (Stellenbosch-gemeente) gesels saam hieroor.
8 Maart 09:00 | Plataankafee | 50min | Gratis

 



Ander belangrike gesprekke

 

Hoe voer jy die van?
Aangebied deur GISA (Genealogiese Instituut van Suid-Afrika)
Genealogie (familienavorsing) is ’n interessante, leersame, stokperdjie. As die gogga eers byt, hou hy oud en jonk in sy greep! Kom luister wat ’n genealoog alles doen, leer hoe om self te begin en doen navorsing oor jou eie familie van Adam én Eva se kant. Bespreek vroeg – beperkte sitplekke.
4-8 Maart 09:00 | GISA, Banghoekweg 115 | 60min | Gratis, maar bespreek by 021 8875070

 

Net een God?
Aangebied deur Protea Boekhuis
Is daar net een God of is daar meer as een? Hoe raak jou eie godsbeskouing jou godsdienstige verdraagsaamheid met mense van wie jy verskil? Hoe weet jy jóú God is die ware God? En is die God van die Christene, die Moslems en die Jode dalk dieselfde God? Jean Oosthuizen stel dié vrae aan Chris Jones, Lina Spies en Sjeg Thaffier Najjaar. Kom neem deel aan dié oop gesprek.
7 Maart 11:00 | Boektent | 50min | R40


Hemel en hel?

Aangebied deur Protea Boekhuis
Het mense nog ’n voorstelling van ’n fisiese hemel met goue strate en ’n hel met ’n brandende vuur? Waar is dit? Of is die ‘hemel’ dalk iets wat ons op aarde vir onsself skep? Jean Oosthuizen gesels openhartig met teologiese kenners Abel Pienaar, Nico Koopman en Jurie van den Heever oor hierdie vertroude konsepte in die tyd waarin ons leef. Lede van die gehoor kan vrae stel.
8 Maart 10:00 | Boektent | 50min | R40

 


 

ATR-Jeugberaad

Gee Afrikaans vlerke
Aangebied deur die ATR-jeugvleuel
’n Werksessie wat jongmense toerus met praktiese kennis en vaardighede om Afrikaans vlerke te gee. Bied die omstrede nuwe talewet ruimte aan álle Suid-Afrikaners om hul moedertaal vrylik te gebruik en te benut? Inligting oor loopbane in Afrikaans word ook verskaf.
9 Maart 08:30 | GG Cillié-gebou: Kamer 4029 | 330min | Gratis, maar bespreek vooraf by Ria Olivier: atr@afrikaansetaalraad.co.za; 084 221 9153


Stellenbosch, ’n mekka vir kuns, kultuur en erfenis: struikelblokke en geleenthede

Aangebied deur Stellenbosch 360
Met Andreas van Wyk (gespreksleier), Jerome Slamat, Pietman Retief, Martie Meiring, Victoria Hani, Sias Mostert en Annemarie Ferns
Kom gesels saam oor die groot verskeidenheid kultuur-inisiatiewe op Stellenbosch, wat dit een van die voorste kultuurdorpe ter wêreld kan maak. Maar watter uitdagings stel dit, byvoorbeeld om almal in te sluit, en aan die dorp se infrastruktuur? Het Stellenbosch die nodige fasiliteite om dié grootse visie te verwesenlik?
9 Maart 12:00 | Erfurthuis | 50min | Gratis

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top