Aan tafel in die Plataankafee
Hart-van-die-fees agter die Sasol Kunsmuseum, met ete en drinke, hemel-en-aardse gesprekke saam met RSG Nuus, Die Burger, USB-Ed en die US Studenteraad. By feeskunstenaar Paul Emsley se uitstalling, die Boektent se ryk skrywersprogram en die Voortrekkers se Boekeverkooptent.
Aan tafel by De Vette Mossel
Onder die koel bome langs die Sasol Kunsmuseum is ’n rusplek, storieplek, asemterugkryplek, gesprek, plek van heerlike seekos, wit sand en groen skaduwees.
Konings van braai
Die nimlike Niël du Bois van De Vette Mossel om dieselfde vuur as Callie Maritz en Mari-Louis Guy, skrywers van die gewilde kosboek Markdag! Kom vind uit wat is dié meesters se geheime vir ? suksesvolle braai, terwyl jy weglê aan ? agt-gang seekos-feesmaal van De Vette Mossel. Callie en Mari-Louis se boek is ook te koop.
6 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R200
Storievuur
Johan Bakkes saam met van die gewildste storievertellers op een verhoog: PG du Plessis, Dana Snyman en Marlene le Roux. Tussendeur staaltjies en verhale wat jou laat lag en ontroer, verower Gert Vlok Nel jou hart met poëtiese klanke van sy jongste album Onherroeplik. De Vette Mossel se beroemde agt-gang seekosspyskaart sorg vir vol mae.
7 Maart 17:30 | De Vette Mossel | 180min | R200
Beste professor...
In hierdie reeks gesprekke kom gesiene emeritus-professore van die US bymekaar en gesels oor ’n verskeidenheid onderwerpe wat Suid-Afrikaners se daaglikse handel en wandel raak. Geniet ’n ontbyt by De Vette Mossel (vir eie rekening) terwyl jy luister na meningsvormers wat ’n lewe in die akademie agter die rug het.
Beste professor 1: Ekonomies-wetenskaplik
Marikana/De Doorns – rooi ligte vir die SA ekonomie?
Estian Calitz (voormalige dekaan van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) in gesprek met Philip Spies (voormalige Direkteur vir Ekonomiese Ondersoek) en Colin McCarthy (Ekonomie).
4 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang
Beste professor 2: Geskiedkundig
Is die era van Afrikaner-leiers vir goed verby?
Hermann Giliomee praat oor sy opspraakwekkende boek, Die laaste Afrikaner-leiers, met voormalige US-rektor Andreas van Wyk.
5 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang
Beste professor 3: Juridies-filosofies
Is daar nog plek vir die reg in die moderne SA?
Andreas van Wyk (oudrektor en regsgeleerde) en Bernard Lategan (voormalige Dekaan Lettere en Wysbegeerte en stigtersdirekteur van STIAS) word deur Willie Breytenbach (Politieke Wetenskappe) ondervra oor ’n onderwerp op almal se lippe.
6 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang
Beste professor 4: Natuurwetenskaplik
Natuurwetenskappe: die volle waarheid?
Piet Steyn (voormalige Senior Direkteur Navorsing en gesiene chemikus) gesels met Jurie van den Heever (Botanie) en Doug Rawlings (voorheen Dekaan Natuurwetenskappe)
7 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang
Beste professor 5: Polities-wetenskaplik
Leierskap: ’n vakuum in die huidige Suid-Afrika?
Hermann Giliomee, skrywer van Die laaste Afrikanerleiers, tree in gesprek met Willie Breytenbach (Politieke Wetenskap) en Johan Groenewald (gewese Direkteur Navorsing).
8 Maart 09:00 | De Vette Mossel | 50min | R30 by die ingang
|